16 dae gelede
Raithby kies nuwe bestuur
Victor Eksteen  ~ Foto Verskaf

RAITHBY Universals het sy nuwe bestuur laas week op die klub se jaarvergadering aangewys.

Victor Eksteen is onbestrede as die nuwe voorsitter aangestel. Hy vervang David Williams en sal vir die volgende drie jaar in die pos dien.

Williams het die klub deur ’n moeilike tyd gelei. Raithby het in 2018 promosie tot Superliga C gewen.

Williams sê: “Ek is baie dankbaar vir die manier waarop almal my ondersteun het. Daar is so baie mense wat ek moet bedank, want ek kon dit beslis nie alleen gedoen het nie. Dankie aan my familie, wat my so bygestaan het. En aan ál ons ondersteuners, dankie dat julle my account­able gehou het in my termyn as voorsitter.”

Bekend

Eksteen, wat sedert 2010 in die klub se topbestuur dien, het oor sy aanstelling gesê: “Een van eerste doelwitte in die voorsitterstoel is om die manne van Raithby weer by die klub te betrek. Ons is in ’n unieke situasie. Hoewel ons wel ’n gemeenskapsklub is, was baie van ons spelers oor die jare heen afkomstig van die omliggende wyn- en vrugteplase.

“Ek wil graag hê dit moet weer die geval wees. Raithby was altyd en is nog bekend vir sy harde, maar tog aanskoulike rugby.”

Raithby se bestuur is: Victor Eksteen (voorsitter), David Elbrink (president), Tyrone Williams (ondervoorsitter), Leanda Rose (sekretaresse), Granville Bender (ondersekretaris), Gabriel­ Cupido (tesourier) en Reduwaan Scheepers (onder­tesourier).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters