6 maande gelede
Pioneers herleef
BESTUUR: Lede van Strand Pioneers se bestuurspan is van links Taariq van der Ross (operasionele hoof), Anwar Josephs (direkteur van rugby), Gaamiela Josephs (kondisionering), Faisal Railoun (operasionele lid), Safdien Barends (hoofafrigter) en Shamiel Railoun (operasionele lid).  ~ Yaseen Gafaar / Distrikpos

DIE Strand Pioneers Rugbyklub het so amper nie meer bestaan nie.

Taariq van der Ross, voorsitter van Pines, is deur die vorige bestuur genader om weer die leiding te neem. Hy was in 2013 aan die stuur van die klub, maar het toe besluit om weg te stap.

Die voormalige Sir Lowrians-kaptein, wat die Cinnamon Square Strand Pioneers Sevens-toernooi op die been gebring het, het geleer uit vorige foute en gaan hierdie keer dinge in plek sit om dit te sidestep.

“Met die klubrugby wat aanhoudend verander, is ons by Pines gereeld aan die dink hoe om dinge anders te doen,” het Van der Ross aan Son gesê.

Die Strand se klub speel tans in WP se Northern League, waarin daar twee kompetisies gewen moet word voordat promosie na Super­liga C verseker kan word.

Pines kompeteer met drie Superliga-klubs in die Strand-gebied. St. George’s, Strand en Strand Unit­ed se deure is wawyd oop vir spelers om aan te sluit.

“Daar is altyd iets wat ons as die ‘kleiner’ klubs moet anders doen om spelers gelukkig te hou. Die Pioneers werk hard om ons image en brand in die breë klubrugby-wêreld altyd op te skerp. Ons slagspreuk lui: ‘We’re building a successful club, not just a success­ful season.’ ”

Van der Ross en kie het ook die vennootskap met Save SA gevorm met die loodsing van Strand Pioneers Supporters Club.

“Enige hulp is altyd welkom. Elke stuk help om ons visie en missie te bereik, maar ons wil ook self-sustainable wees, veral in die lig van hoe besighede nou ’n knou vat,” het Van der Ross bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters