16 dae gelede
Lulu-afrigter kort hulp met niere
Mirwaan David  ~ Verskaf

DIE rugbyklub St. George’s in die Strand soek die hulp van die gemeenskap nadat nierversaking by sy hoofafrigter, Mirwaan Davids (36), gediagnoseer is.

Janine de Lange, voorsitter van dié bekende Helderberg-klub, sê fase 5-nierversaking is by Davids gediagnoseer en hy is tans in die hospitaal.

“Mirwaan is tans in die Helderberg Hospitaal in Somerset-Wes,” sê De Lange. Hoewel hy daar toegelaat is, ontvang hy ook elke tweede dag dialise by ’n privaat hospitaal, wat nie goedkoop is nie.

“As klub is dit ons plig om die familie by te staan en daar is besluit om ’n geselligheid te hou om die familie te help.”

Davids en sy partner het drie kinders en hy moet die behandeling kry om te oorleef.

Volgens De Lange is die eerste geleentheid ’n car wash wat op 21 November in William Stewartstraat in die Strand sal plaasvind.

Karre sal daar teen R50 per kar gewas word.

Die tweede is ’n gholfdag wat op 29 November by die Fairview Gholflandgoed in Gordonsbaai gehou sal word. Die inskrywingsgeld is R270 per speler.

Beursies

Belangstellendes kan Henry Cloete bel by 082 677 6679 of Fabian Filander by 072 335 4399 of ’n WhatsApp stuur.

De Lange sê mense het reeds hul hart en beursie oopgemaak om Davids te ondersteun. Hy bedank hulle hiervoor.

Sy het ook ’n beroep gedoen op alle rugbyklubs en -spelers van oor die hele Wes-Kaap om die familie by te staan.

Mense wat ’n bydrae wil maak, kan geld via Back-a-Buddy (backabuddy.co.za/champion/project/mirwaan-davids) of direk in die geskepte Back-a-Buddy-rekening vir Davids (Capitec Bank-rekeningnommer 173 843 2589) deponeer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters