12 dae gelede
Klubs is happy
Losgemaal: Spelers van Van Der Stel (groen-en-goud) en Excelsior (rooi) verlede naweek in aksie in ’n vriendskaplike wedstryd.  ~ Hein Gordon

VERLEDE week het die Westelike Provinsie se rugbyklubs hul datum vir die afskop van 2021 se klubrugby-seisoen ontvang.

Die aksie skop amptelik op 5 Junie af en met minder as ’n maand oor het klubs alreeds met hul friendlies weggespring. Dit gaan wel ’n ander tipe seisoen wees, want onder die huidige Covid-19-regulasies mag daar geen spectators by die velde wees nie.

Aan die einde van hierdie seisoen gaan daar geen promotion of relegation in enige van die ligas wees nie.

Dit beteken dat klubs hierdie jaar onder meer aan verskillende kombinasies kan werk.

Kompeteer

“Die goeie ding van hierdie jaar is dat ons nou kan werk daaraan om ons diepte te toets,” sê die direkteur van rugby by Sir Lowrians, Winston Baard, aan Son.

“Veral die klubs in die laer ligas en in areas waar jy met ander klubs moet kompeteer, soos in ons geval, waar ons met sterk klubs soos St. George’s, All Saints en RU moet meeding vir spelers.

“Dis ook belangrik dat elke klub sy eie identiteit vestig.”

Die vreugdevure brand hoog onder die klubs.

By die Rosina Paarwater-stadion, waar Bellville sy tuiste het, is daar ook groot opgewondenheid onder spelers en afrigters.

Warren Isaacs, die hoofafrigter, is in sy noppies met volgende maand se hervatting van die liga.

Van die grootste knel­punte onder veral die gemeenskapsklubs wat nie die groot sponsors het nie, is die finansiële las.

Klubs moet nou voortgaan met business as usual waar daar min tot geen inkomste verlede seisoen was nie.

Met die no-spectators-reël waar baie van die klubs hul inkomste van die toeskouers se hekgelde ontvang, gaan dit dalk sekere klubs vir langer as verwag diep in die rooi hou.

“Die manne is baie opgewonde oor die liga wat op 5 June begin. Hulle kon nie wag nie,” vertel Isaacs.

“Ons sukkel met fondse om die weg-wedstryde se vervoer te dek en dis maar moeilik sonder die toeskouers, want ons het ons inkomste by die hek gemaak.”

Van Der Stel-Evergreens se hoofbreier, Hein Gordon, sê daar is ’n mate van ongelukkigheid by sommige klubs in die zonal leagues.

Platform

“Ek dink al die teams in die zones is confused,” sê hy.

“Die format is soortgelyk, maar daar is net nie promotion nie. Aan die einde van die dag gaan die game nie oor die competition nie, maar meer oor club en personal pride, die platform om active te wees en net om life te celebrate in hierdie onsekere tye.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters