7 maande gelede
Klubrugby verloor groot gees
Johann le Roux Kotze  ~ Foto Verskaf

’N GROOT gees in klubrugby in die Westelike Provinsie het geval.

Johann le Roux Kotze, is Sondagoggend in die ouderdom van 47 oorlede.

Kotze het die Brackenfell-rugbyklub gehelp om in 2015 promosie tot WP-klubrugby se Superliga A te verseker.

Hy het aan die einde van 2017 na Durbell geskuif.

Dié klub het die Superliga A-titel laas jaar verower.

Kotze is oorlede nadat graad 4-pankreaskanker aan die begin van die jaar by hom gediagnoseer is.

Bereik

Tinus van Rensburg, huidige hoofafrigter van die Brakke, het die eerste span vir drie jaar saam met Kotze gebrei.

’n Hartseer Van Rensburg het aan Son gesê: “Hy was ’n mensemens.

“Wat baie opvallend was, was dat hy altyd baie goed georganiseerd was.

“Hy kon jou al ’n maand vooruit sê wat hy op daai Dinsdagaand met die oefensessie wil bereik.”

Kotze word oorleef deur sy vrou, Surita, en hulle tweelingdogter en -seun.

Talle huldeblyke is op Kotze se Facebook profile gepost.

Dié een is deur die klubrugbylegende Ashton Constant: “In die lewe ontmoet ons mense vlugtig voordat hulle aanbeweeg, maar min individue maak soveel van ’n indruk op ’n mens dat dit jou vir die res van jou lewe bybly.

“RIP, Coachie. Jou nalatenskap is onsterflik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters