8 maande gelede
Klubrugby: Dis touch & go
HANDS OFF: Anrico Nel van Hands & Hearts stamp ’n speler van Scottsdene Central af in ’n vriendskaplike wedstryd in Kraaifontein.  ~ Melinda Stuurman

DIE corona-virus het die sportwêreld tot stilstand gedwing en allerhande repeats speel nou op die betaalde sportkanale.

Naweke is nou gereserveer vir al daai uitgestelde huistakies wat nooit kon klaar kom nie.

Sodra daai geut wat al drie maande hang uiteindelik genutsman is, is daar hope social media challenges wat jy kan aanpak.

Die een wat nou trend, is die #PushUpChallenge. Dit sal vir seker ’n paar vroeg laat slaap!

Minimaliseer

Die klubrugbykompetisie in die land sou oor die volgende twee weke afgeskop het. Met die nasionale inperking gaan dit dalk nog vir ’n onbepaalde tyd af wees. Die afrigters van topklubs in die WP en Boland – twee van die grootste ligas – sowel as in die Oos-Kaap sit met hulle hande in die hare.

Daar is wel planne in plek gestel om die corona-virus se uitwerking te minimaliseer deur selfhelp-oefenprogramme aan spelers uit te reik.

Maar hierdie stand van sake laat nou die spreekwoordelike bal in die hande van die spelers, nie die afrigters nie. Die afrigters, wat verkies om anoniem te bly, is optimisties, maar daar heers ’n onderliggende kommer.

“Dis maar moeilik – ons het die boys aangemoedig om hulle fiks te hou as individuals,” sê een van afrigters aan Son.

“Ons moet nou heeltemal op spelers staatmaak dat hulle disciplined sal wees en by die program hou. Die unies doen wat hulle kan, so, ons kan hulle nie kwalik neem nie. In fact, hulle is baie proactive.”

Die Varsity Cup was diep in die kompetisie toe dit ook tot ’n stilstand gekom het.

Die Varsity Cup-raad het vergader en wag nog om te sien of daar ’n kans is dat daar ’n wenner gaan wees vir die 2020-seisoen.

Maties is die verdedigende kampioen.

“Al is dit hóé donker en ’n baie moeilike tyd vir ons land, is ons hoopvol dat almal gesond aan die ander kant sal uitkom,” sê een van die afrigters.

“Ons moet nou op spelers staatmaak, maar dit gaan beteken ons moet nou so te sê van voor af begin wanneer ons weer mag oefen.”

Daar heers onsekerheid onder van die top coaches oor dié seisoen se liga-bepalings. Al is dit nie nou belangrik in terme van the bigger picture nie, is dit tog ’n duidelike grys area.

“Wat die speel van rugby betref, weet ek regtig nie. Ons sal maar sien. Dit is vir my net ’n concern dat 70% van ons spelers nie op hulle eie sal oefen nie en dit vergroot die moontlikheid van beserings.

“Ek sou sê die kans vir rugby speel, lê op ’n 50/50.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters