Verlede maand
Klub het pa voorlangs en seun agterlangs
kenny
FAMILIESPORT: Kenny Stadler en sy 20-jarige seun, Kaine, speel vir die Mamre-rugbyklub.  ~ Foto Verskaf

KINDERS probeer gewoonlik om hul ouers op die rugbyveld of in enige sportsoort te impress.

In die geval van ’n pa en seun van Mamre het dit egter andersom gewerk.

Drie jaar gelede het Kenny Stadler (43), flank van die Mamre-rugbyklub, besluit om weer sy boots aan te trek en saam met sy 20-jarige seun, Caine, te speel.

Kenny vertel: “Die eerste game saam met hom was soos ’n ommeswaai in my rugby.

“Ek het weer soos ’n 20-jarige gevoel en wou net goed doen om hom te impress.

“Hy het losskakel en heelagter gespeel, en elke keer nadat hy die bal hanteer het, het ek na hom gegaan en hom geprys, ongeag of hy ’n blaps begaan of goed gedoen het.

Lid

“Soos die tyd aangestap het, het ek net my beste op die veld gegee om die beste uit hom te haal; en dis ook wat hy gedoen het.”

Kaine is ’n voormalige o. 20-speler van die Boland-rugbyunie.

Hy is lid van dié unie se senior groep spelers, wat vanjaar nie die kans gekry het om provinsiale rugby te speel nie.

Kenny vertel: “Deesdae speel ek slot vir Mamre, en Kaine speel op nommer 10 en 15, net waar die span hom nodig het.

“Al wat my op die veld pla, is wanneer hy hard gelak word. Dan hou ek maar my asem op en bid teen ’n besering.

“In sulke gevalle gaan ek na hom en sê: ‘Staan op en vat jou man aan of sorg dat jy hom systap.’ ”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters