6 maande gelede
Gold Cup: Vier klubs soek plek
Vier spanne van die Boland gaan dit uitspook vir 'n plek in die Gold Cup  ~ Foto Verskaf

VIER spanne, drie Gold Cup spots.

Dít, in ’n neutedop, is die storie van vandag se Gold Cup-uitspeelwedstryde in die Boland Stadium in Wellington.

Villagers Worcester, Delicious, Hamlet en Abbotsdale gaan veg om die oorblywende drie spots in die Boland te claim.

Saldanha, Caledon, Roses en Darling het outomaties vir die nasionale klubtoernooi gekwalifiseer.

Hawston, Robertson Town, Vanrhynsdorp Eagles en Vredenburg het verlede naweek hulle plekke bespreek.

Deurdring

Abbotsdale pak Delicious in die eerste wedstryd om 11:30, terwyl Villa daarna om 13:30 teen Hamlet te staan kom.

Die wenners van hierdie wedstryde sal deurdring tot die Gold Cup se eersteronde-wedstryde wat op 24, 25 en 26 April gespeel word.

Die twee verloorders sal dan om 16:30 teen mekaar speel om te bepaal wie die laaste beskikbare Gold Cup-plek sal inneem.

Al die wedstryde word in die Boland Stadion in Wellington gespeel.

Toegang tot die stadion vir volwassenes is R30 en kinders betaal R10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters