6 maande gelede
Gold Cup die teiken
VORENTOE! Sinethemba Mkaza wen veld vir African Bombers.  ~ Charles Pullen

DIE Oos-Kaapse verteenwoordigers vir die Gold Cup word steeds beslis, met die tweede ronde wat dié naweek plaasvind.

Daar was 56 spanne in die eerste ronde, maar nou kan net 32 nog droom van glorie.

In van die uitstaande wedstryde sal Evergreens probeer om Joubertina te stuit in die Koukamma- en Kouga-streek.

In die Baai is mense gretig om te sien of Gardens weer op die wenpad kan kom teen Motherwell.

PE Harlequins sal ook in aksie wees. Dis teen Despatch Oostelikes in die Adcock Stadium.

In die Sedru-streek pak die gewilde Trying Stars Paterson in Alexandria.

  • Gold Cup-wedstryde (met die uitsondering van twee begin almal 15:00):

KOUKAMMA EN KOUGA: Orlando Eagles t United Barbarians – THORNHILL; Evergeens (Krakeel) t Joubertina – KRAKEEL; Jeffreys Bay t Red Lions Humansdorp –TOKYO SEXWALE; Kruisfontein t Hankey Villagers –HUMANSDORP SPORTKOMPLEKS.

PORT ELIZABETH EN UITENHAGE: Siyakhula t Zwide –JABAVU (14:00); PE Harlequins t Despatch Oostelikes – ADCOCK; Gardens t Motherwell –DERRICK FERREIRA; Star of Hope t Park –JABAVU (15:30); Gelvan Wallabies t PE Polisie – CHAPMAN; Suburban t Sentraal-Karoo – KLEINSKOOL.

SEDRU EN SONDAGSRIVIER: Alderonians t Old Collegians – ADDO; Trying Stars t Paterson – ALEXANDRIA; Kirkwood t Lily White –KIRKWOOD.

KAROO EN MIDDELLANDE: Excelsior t Adelaide Rangers – MIDDELBURG; Born Fighters t Evergreens (Cradock) – VICTORIA PARK; Suburban t Central (Karoo) – KLEINSKOOL.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters