12 dae gelede
Fans kan nou hul klubs live stream
Voer die lyn: Siya Alam in aksie vir Valsbaai.  ~ Gallo Images

RUGBYKLUBS laat nog nie hul toeskouers langs die veldtoe nie, maar daar is talle klubs wat die live streaming-roete gevolg het.

Verskeie klubs het oor die afgelope drie naweke hul friendlies op hul Facebook-blaaie uitgesaai. Eersterivier teen Bellville op Kleinvlei, Hamiltons teen Hamlets in Mamre en dan ook Whistling Wheels teen Gordons Bay Pioneers was onder die wedstryde wat verlede naweek gestream is.

Dié naweek kan klubrugby-supporters uitsien na ’n paar soortgelyke live streams op verskeie platforms, asook op klubs se Facebook-blaaie.

Helderberg teen Valsbaai word dié naweek op Club Rugby Live se YouTube-kanaal uitgesaai.

Pierre Rogers van Club Rugby Live sê aan Son: “Ons wou ’n manier kry om die toeskouers en ander klubrugby-aanhangers steeds naby hul gunsteling-spanne te hou.

Gratis

“Dit het ons na streaming options gelei. Ons het baie goeie sponsors gekry om te help met die kostes vir die live stream sodat dit gratis op YouTube en via ons Facebookblad uitgesaai kan word.

VANDAG – Hamiltons t Brackenfell.

SATERDAG – Strand t Sir Lowrians; All Saints t Raithby; Helderberg t Valsbaai; Eersterivier t Kuila; Franschhoek t Paarl; Bellville t Langa; Van Der Stel Evergreens t Kraaifontein; Blakes t Kylemore.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters