5 maande gelede
Breiers trust hulle spelers
Neil Daniels  ~ Foto Verskaf

KLUBRUGBY, soos alle sport, het tot stilstand gekom met die nasional lockdown weens die Covid-19-epidemie.

Die WP en Boland se ligas sou binne die volgende paar weke amptelik afgeskop het.

WP se uitvoerende bestuur het al verlede week dinge in plek begin sit vir die liga se hervatting.

Ná die lockdown is dit immers die WP se grootkoppe se proaktiewe benadering wat elke klub gerus gaan stel dat dinge sommer vinnig sal terugkeer na normaal.

Afrigters vanuit alle oorde in die WP sit met dieselfde uitdagings en praat feitlik dieselfde taal.

Isma-eel Dollie (Uni-Mil), Neil Daniels (Sir Lowrians) en Peter Links (Hands & Heart) ondersteun die lockdown. Hulle plaas almal hulle vertroue in die spelers.

Verskaf

“Ons doen weeklikse check-ins met die manne, en het aan hulle ’n oefenprogram verskaf wat by die huis gedoen kan word.”

Sir Lowrians se afrigter, Neil Daniels, meen daar is altyd ’n silwer randjie in enige storm.

“Ons moet die spelers vertrou – daar is programme vir hulle uiteengesit.

“Dis ’n moeilike tyd vir elke klub, afrigter en speler, maar daar is tog dissipline wat gehandhaaf moet word. Die onus is op die spelers om hulleself fiks te hou.”

Peter Links, hoofafrigter van Hands & Heart, het al sy spelers ’n streng oefenprogram gegee.

“Ek het ’n program op ons Whats­App group gesit, en hulle gaan getoets word. Die ouens weet hulle moet op hulle eie werk – dis ’n belangrike period in almal se lewe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters