6 maande gelede
Borge belê baie in Belhar

DIE Belhar Rugbyklub het ’n borgskap van R1,5 miljoen vir die komende klubrugbyseisoen gescore.

Dié borgskap is opgemaak uit verskeie ou maatskappye wat die klub al sedert sy ontstaan sewe jaar gelede borg. Daar is ook ’n paar nuwe borge.

Onder die borge is Cubaña Lounge, wat die klub reeds sewe jaar ondersteun.

Belhar speel dié rugbyseisoen in die Superliga B van die Westelike Provinsie.

Die klub het ’n lang tradisie en ’n sterk gevolg in Belhar en die breë gemeenskap.

Versterk

Stan Giger van Cubaña vertel: “Die verhouding met die klub kom al sewe jaar aan. Ons is gelukkig om die klub te ondersteun.”

Jerome Booysen, president van die klub, sê: “Belhar-spelers, ons moet saamstaan en die klub versterk sodat ons volgende seisoen in die Superliga A speel.

“Belhar het ’n sterke tradisie van uithou. Ons het in die verlede die hoogtes bereik. Ons kan weer styg na bo. Dit kos dissipline, fiksheid en uithouvermoë.”

Die rugbyseisoen skop op 4 April 2020 af met Belhar wat Busy Bees in ’n tuiswedstryd pak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters