Verlede maand
Beukes bly oor nuwes
eric
RUIL SPANNE: Eric Zana het laas jaar en vroeër die jaar nog vir Progress van George uitgedraf.  ~ Gallo Images

ERIC Zana en Zingisa April is onder talle ervare en opwindende spelers wat hulle by die Suidwestelike Distrikte se Premierliga-kampioen, Crusaders, aangesluit het.

Die 33-jarige Zana het in 2018 na die Suid-Kaap teruggekeer en hom by Progress aangesluit. Dit was nadat hy die Boland en Griekwas op provinsiale vlak verteenwoordig het.

Vreugde

April (30) het die Oostelike Provinsie laas jaar op flank verteenwoordig en het ook vroeër in sy loopbaan vir Vrystaat uitgedraf.

Ricardo Beukes, afrigter van Crusaders, sê daar is die afgelope naweek reeds met fiksheidstoetse begin en hy kan met vreugde sy nuwe aanwinste bekendmaak.

Terwyl die klub nou vir die groen lig wag om as groep tot die oefenveld terug te keer, staan die deur oop om nóg nuwe spelers te verwelkom.

“As gevolg van Covid-19 en met betrekking tot veiligheidsprotokolle, het elke speler ’n individuele oefenprogram ontvang wat hulle vir die volgende agt weke moet volg.

“Ons sal, sodra alle veiligheidsmaatreëls in plek is, as groep na die oefenveld terugkeer. In hierdie stadium lyk dit na die tweede week van November.

“Vir die interim weet elke speler wat van hom verwag word in terme van hul kondisionering. Hulle sal gereeld gemonitor word ten einde te ver­seker dat hulle met die program volhard,” verduidelik die afrigter.

Beukes sê hy is baie opgewonde en sy spelers is gretig vir aksie.

“Uit die groep wat die 2020-seisoen begin het, blyk dit in dié stadium dat ons net twee spelers tot dusver afgestaan het.

“Gladwell Jaftha en Roberto April het ons verlaat en gaan hulle by Blanco United aansluit.”

Nog ’n speler van Progress, die opwindende vaskopstut Ronaldo Fortuin, is ook in Beukes se kamp.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters