6 maande gelede
All Saints wil stigma verander
KRAG: Esli Noble van All Saints val aan.  ~ PB Pix

MÔRE daag All Saints en Raithby Universals (RU) mekaar uit in ’n vriendskaplike klubwedstryd.

Dié spanne speel onderskeidelik in die WP se Superliga B en Superliga C, maar soos in enige derby tel liga-status maar min.

Die spanne gaan sake in Somerset-Wes op die Helderzicht-sportterrein, All Saints se tuisveld, uitspook.

Dié klub van Somerset-Wes het laas jaar sy afrigterskorps behoorlik ’n hupstoot gegee. Christopher Langeveldt en Warren Wilters, voormalige SA Cup-speler, bestuur die eerste span. Hulle het ook die dienste van Darrin Roman as skakelbeampte bekom.

Generasie

Roman was het gehelp om die MC Boys se teenwoordigheid in die sosiale media ’n boost te gee.

“Ons bly ’n gemeenskapsklub,” sê Randall Thomas, klubvoorsitter, aan Son. “Daar is so baie wat ons as All Saints kan doen om die gemeenskap vir die volgende generasie in ’n beter toestand te los.”

Saints is ’n klub wat aan almal in Garden Village eer gee, maar die stigma dat dit dié Superliga-klub enigsins definieer, is lankal iets wat hulle afgeskud het.

All Saints het in die laaste paar friendlies elke keer met ’n nuwe eerste span gespeel. Min klubs kan met daai luxury spog. Tog het Saints teen die einde van die wedstryde nie aan die kortste end getrek nie.

Voorreg

Môre se span is dalk die een wat Langeveldt en Walters gaan gebruik in hulle openingsligawedstryd.

Thomas sê: “Dis ’n besonderse voorreg om so ’n nederige maar sterk gemeenskapsklub te lei.

“Die bestuur en ek wil baie graag die label afskud dat ons net ’n klub is wat vanaf die Gardens kom.

“Ja, ons eer ons legendes wat die pad vir ons gepave het, maar ons is ’n Helderbergklub; ’n trotse gemeenskapsklub.”

All Saints is besig om ’n organisasie sonder winsoogmerk te stig. Talle projekte sal deur hierdie been tot stand kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters