16 dae gelede
All Saints rus nie op sy louere
Randall Thomas  ~ Peter Bee

TALLE klubs het die 2020-seisoen as afgeskryf beskou en wag op die begin van die nuwe jaar om met hul voorbereiding en voorseisoen-oefensessies te begin.

Die teenoorgestelde is die geval by vele ander klubs. Een so ’n klub is Somerset-Wes se gesogte All Saints.

Randall Thomas, voorsitter van Saints, is alombekend as een wat skouer aan die wiel sit.

Sy termyn as voorsitter verstrek volgende maand wanneer die klub sy algemene jaarvergadering hou.

Ondersteuning

Dis beslis nie in Thomas se murg om slap te lê nie, al is hy moontlik nog net twee weke in die top-pos.

“Ons werk nou nader om ons verkiesing te hou. Hopelik word ek weer gekies, maar indien nie, het die nuwe voorsitter my volle ondersteuning,” het Thomas laat hoor.

“Llewellyn Ericksen is ons Covid-beampte en hy is druk besig om ons planne reg te kry sodat die papierwerk in orde kan wees om aan WP te submit. Die facilities ma­nagement committee by Helderzicht het goed gewerk.

“Die parkeerarea rondom die veld is geteer, so, volgende winter gaan ons lojale ondersteuners en besoekende spanne nie deur die modder hoef te spartel nie.”

Oud-senter

Thomas, soos vele leiers by gemeenskapsklubs in die Westelike Provinsie, het sy rugbyloopbaan begin en afgesluit by All Saints.

Hy word deur talle as die klub se beste oud-senter beskou. Nietemin het hy baie hard as leier en afrigter gewerk om die klub te help om Superliga-status te verwerf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters