12 dae gelede
58ste driekuns vir Cristiano
Cristiano Ronaldo  ~ Getty Images

CRISTIANO Ronaldo het met sy 58ste driekuns in internasionale sokker seker gemaak Portugal bly op koers om vir volgende jaar se World Cup in Katar te kwalifiseer.

Portugal het Luxemburg met 5-0 in ’n tuiswedstryd gehamer.

Ronaldo se Manchester United-spanmaat Bruno Fernandes en João Palhinha het ook gescore.

Ondanks dié groot sege is Portugal nog tweede in sy kwalifiseringsgroep vir die World Cup.

Serwië is met twee rondes van wedstryde oor nog die voorloper ná Dinsdag se sege van 3-1 oor Azerbeidjan.

Portugal moet nog in ’n wegwedstryd teen Ierland speel.

In Ronaldo en kie se laaste qualifier kom hulle op tuisbodem teen die einste Serwiërs te staan. Dié kragmeting kan bepaal wie regstreeks vir Katar gaan kwalifiseer en wie in playoffs betrokke gaan wees om ’n plek te bespreek.

Ronaldo spog nou met 115 doele in internasionale sokker – ’n wêreldrekord wat hy voor sy uittrede nog verder sal rek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters