14 dae gelede
3 nuwes in baseball-span
STAATMAKER: Gary Bailey kan weer ’n steunpilaar vir die OP wees.  ~ Foto Verskaf

DIE baseball-keurders van die OP het drie nuwelinge gekies vir die nasionale toernooi wat van 23 tot 26 Maart in die Kaap plaasvind.

Hulle is die twee o. 18-spelers Connor Stopforth van Tigers en Chad Quantoi van Gelvan, asook Vincent Engelbrecht van Red Sox wat verlede jaar nog ’n o. 18-speler was.

Sterre

Die OP het ’n besonderse sterk span gekies, al is die kranige Daantjie Coetzer en Liaan Muller van Red Sox weens werksverpligtinge nie beskikbaar nie.

Van die groot sterre in die span is die SA o. 23-ster Dylan le Roux, die voor­malige SA catcher Jonno Viljoen, Hennie Stander en Gary Bailey.

Dit bly egter ’n groot terugslag vir die span dat Coetzer en Muller nie beskikbaar is nie.

Tog glo die president van OP Baseball, Dennis Transell, dat die span goeie rekenskap van homself sal gee.

’n OP-span, wat op ál sy silinders vuur, kan dalk net vir ’n verrassing of twee sorg.

Daar is genoeg ervaring in die span om die jong nuwelinge kalm te hou.

Die span is:

Pirates: Hein van Loggerenberg, Jonathan Bakker.

Red Sox: Dylan le Roux, Vincent Engelbrecht, Wiehan Rautenbach, Jordan Leppan.

Tigers: Hennie Stander, Leon Willet, Mark Stopforth, Gary Bailey, Jonno Viljoen, Drikus Snyman, Trenton Papman, Duwayne Siebert, Connor Stopforth.

Gelvan: Chad Quantoi.

Oos-Londen: Lwazi Mlondozi, Spelo Gadudu.

Eden: Caleb Pinn, Theo Speelman.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters