19 dae gelede
3 kwelpunte vir Ajax
Calvin Marlin  ~ BackpagePix

CALVIN Marlin, tussentydse coach van Ajax Cape­ Town, het ’n paar kwessies op sy mind gehad voor vandag se stryd teen Black Leopards­.

Dit is die Urban Warriors se twee wedstryde van die promosie/relegasie-play-offs in Johannesburg se Soccer City.

Ajax het tans die voorsprong in die reeks. Hy’t sy veggees getoon deur Tsha­khuma Tsha Madzivhandila FC (TTM) Sondag in die Rand Stadium in die eerste wedstryd met 3-2 te stuit.

Marlin sê: “Daar is twee dinge waarvoor ons waaksaam moet wees.

“Dit is Leopards se goeie individuele spelers wat dopgehou moet word. Die manier hoe hulle speel, is soms baie indivi­dueel in benadering.

“Hulle maak ook baie staat op (Mwape) Mu­sonda­ om doele te kry. So, ons sal takties goed voorbereid moet wees.

“Dan sal ons ook moet voorberei vir die grootte van die veld.

“FNB is ’n taamlike groot pitch en nie eintlik ’n veld waarop ons gewoond is om te speel nie.

“Hopelik sal die pitch beter wees sodat ons ’n bietjie sokker kan speel op die Ajax-manier sodat ons die balbesit kan oorheers.

“Hopelik sal die spelers betyds herstel, want dit is my grootste worry – die recovery tussen die twee wedstryde.

Opskerp

“Dit was Sondag ’n moei­like stryd vir die spelers – geestelik en fisiek.

“Ons moet ook kyk waar ons die span kan manipuleer om fresh legs in te span.”

Ajax sal moet opskerp in sy verdediging onder die hoë bal, asook wat set pieces betref. Dít is waar TTM die span van Parow byna geklop het as dit nie vir die span se goeie karakter was nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters