3 maande gelede
27 for Freedom Paulse s’n
viva!Deelnemers aan die 27 for Freedom-wedloop Saterdag doen die Madiba-saluut.FOTO VERSKAF  ~ 

DANZIL Paulse het Saterdagoggend met die louere weggestap in die 27 for Freedom-wedloop op die Drakenstein-gevangenis se perseel.

Die boorling van Kraai­fontein het die 27 km in 1:32:56 sekondes afgelê.

Peter Tsawayo (1:33:43) was kort op Paulse se hakke en Siyabonga Sakwe (1:35:42) kort op syne.

Die veteraan-atleet Tsungai­ Mwanageni (1:37:47) het weer eens sy staal getoon.

Dié atleet van Guguletu het met ’n besonderse vertoning vorendag gekom.

Mwanageni het vierde geëindig en koning gekraai in die ouderdomsgroep vir 40 tot 49 jaar.

Die wedloop vanjaar was die 28ste herdenking van die vrylating van Nelson Man­dela uit die Victor Verster-gevangenis (hernoem tot Draken­stein).

Dit was die sewende keer dat die 27 for Freedom-wedloop deur die Drakenstein-munsipaliteit, die Kaapse Wynlande-distriksmunisi­paliteit en Top Events aangebied is.

Onder die vroue het For­tunate Chidzivo in 1:51:10 eerste geëindig.

Sy het hakskene vir Can­dyce Hall (01:58:06) gewys. Die veteraan-atleet Linda Kinloch-Smith (2:25:10) het derde geëindig.

In die wedloop oor 10 km vir mans het Nkosinathi Madyo (31:00) koning gekraai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters