11 dae gelede
18-jarige het groot drome
KLEIN MA’ GETRAIN: Miche Minnies (groen) in aksie vir Suid-Afrika.  ~ Foto Verskaf

MICHE Minnies het ’n brandende begeerte om haar sokkerloopbaan by Arsenal Ladies in Engeland voort te sit.

Die 18-jarige sterspeler van Nova Nacional in Safa Wes-Kaap se vrouesokker­liga, het die tonge behoorlik aan die klap met haar doelevernuf.

Die talentvolle Miche het die Suid-Afrikaanse coaches so op hol gehad dat sy dadelik vir die nasionale span opgeroep is.

Miche het reeds 12 verskynings in die Suid-Afrikaanse o. 17-span gemaak en is 6 keer gecap vir die nasionale o. 20-span.

Glo

Die boorling van Heinz Park is ook vol vertroue dat die corona-virus-pandemie onder beheer gebring sal word en dat sport na normaal sal terugkeer.

Miche sê: “Ek glo ons sal weer kan speel, maar vir eers is dit belangrik dat ons moet oorleef.

“Dit sal dalk ’n bietjie langer neem, maar ons prioriteit is om ons land se mense te beskerm teen die corona-virus-pandemie.”

Op die oomblik train Miche by die huis en sy hou haar besig met leesstof en video games.

Die pencil-slim-geboude sokkerster met die bynaam “Cracker” was 14 jaar oud toe sy haar by Santos Ladies aangesluit het.

Dis waar sy gou naam begin maak het vir haarself.

Miche het onlangs die meeste doele (10) in Spurs se Cup of Dreams-toernooi aangeteken.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters