Verlede maand
W(r)oema wat jy nie kan mis
gaan spat: Die jy-weet-wat en hare gaan weer waai in die Power Series môre by Killarney.Foto’s: WPMC.CO.ZA  ~ 

DIS weer sulke tyd – en jy as petrolkop moet vanaand sommer weer vroeg gaan slapies.

Ja, want môre gaan die hare weer waai daar by ons heiligdom.

Ek praat nou natuurlik van die Killarney International Raceway.

Môre is dit alreeds die agste Power Series van Wingfield Motors.

Terloops, hulle noem dit dié keer Pink Drive Power Series.

Vlieg

Dis nou in support van Breast Cancer Awareness Month.

Wanneer ek praat van ’n vol program, is dit eintlik ’n understatement. Môre is daar die regional champs vir ses kar- en vier bike-kategorieë!

Die ding is so popular, Dave Abrahams van Killarney het vir my gesê sommige racers vlieg van die noorde – en selfs van oor die water – in vir die shootouts.

Die formules/klasse is goed uitgewerk en sorg vir baie deelnemers. Dít sorg vir close racing.

Selfs al is jy nie die skerpste potlood in die sakkie nie, is die classes so uitgewerk dat jy definitief in elke shootout iemand sal hê om teen te race.

En al die goed wat racers so na aan die hart lê, maak dit ook vir die toeskouers exciting.

Dink maar aan tight racing (ek sweer sekere kategorieë kan as ’n nuwe vorm van kontaksport geclassify word), groot getalle racers en sommer baie balls-to-the-wall rivalry.

Verbeter

Die grootste regional kategorie is natuurlik Mike’s Place Clubman Saloons. Dis oop vir enige modified saloon.

Dis mos in klasse ingedeel wat gebaseer word op ’n racer se personal best lap times.

As dit deur die race verbeter, spring die racer vir die volgende race na die volgende klas.

Dié kategorie gaan nie op 30 November aan die finale ronde van die Power Series deelneem nie, want hulle moet plek maak vir ’n twee uur lange endurance race. Môre is dus eintlik die finals.

Die Burly Pro GTi Challenge is net oop vir verskillende VW models, wat bykans almal die proven 2F GTi-enjin onder die bonnet het.

Terloops, die kategorie se scoring system werk presies dieselfde as die Clubman Saloons s’n.

Dan is daar die Shatterfix Fine Cars en die Millbrook Classic Cars. Hier bring die racers icons uit die 1970’s, 1980’s en 1990’s na die teer.

Die V8 Masters en Makita Supercars com­bine hierdie twee klasse en dít sal sorg vir ’n moerse spectacle.

Aksie

Niks klink soos ’n V8 driven in anger nie.

Formula Libre se open-wheeler class wys toeskouers hoe F1 nog so ’n paar dekades terug gelyk het.

Die Superbike races sluit die byna standaard litre-class bikes in en die 600 cc Supersport bikes. Terloops, dis ook laasgenoemde se finals môre. Verwag dus aksie.

Dan is daar die Clubmans races vir die up-and-coming rookies en die Powersport-kategorie vir die 650 cc- en 300 cc-klas, wat die bonkers teenagers jaag.

Soos ek gesê het, gaan slapies maar vroeg.

Die hekke word reeds 07:30 oopgemaak en die action begin 10:00.

Dit kos net R80 elk vir Ma en Pa. Boetie onder 16 kom in vir R20 en sy sussie onder 12 verniet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters