22 dae gelede
Word lid van die Beemer Society
Kwaai: Ouens van die Bavarian Society ZA verkyk hulle omtrent aan ’n blink swart nommer.FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIE Bavarian Society ZA (BSZA) is gebore uit ’n passie vir motors.

Abdul Hamied en Junaid Wallace het dié klub op 20 November laas jaar gestig.

Abdul het altyd gedroom van sy eie klub vir kar­entoesiaste, maar so iets is te veel werk vir een man.

Toe kry hy ’n vennoot in Junaid.

Abdul sê dit het baie harde werk geverg om dié klub te stig. Hy glo as ’n mens iets doen, doen jy dit reg of jy doen dit glad nie.

Abdul se droom het verlede jaar begin waar word toe Junaid se pa hom nader.

Hulle het op Instagram gesels en die bal aan die rol gesit om hulle eie motorklub te stig.

Die twee het onmiddellik gekliek en ure lank gesels omdat albei dieselfde passie vir voertuie deel.

Die gevolg was die BSZA – ’n klub vir motorentoesiaste waarvan die lede nie teen enige ander voertuigeienaar of klublid diskrimineer nie.

Hulle wou basies drama en infighting uitskakel deur ’n harmonieuse omgewing te skep wat bevorderlik is vir alle lede.

Dié gemeenskap is nie soos dié van ander motorklubs nie en gebruik lingo soos “link up” eerder as “park-off”.

Bymekaar

So ’n klub bied ’n ongelooflike sosiale omgewing, netwerkgeleenthede. Dit bring mense met soortgelyke belangstellings bymekaar.

Dis mense met ’n ware passie om stylvol te wees terwyl hulle mobile is.

Junaid het die naam van die klub voorgestel. In Duits staan BMW vir Bayerische Motoren Werke, wat in Engels Bavarian Motor Works is.

Om die kompleksiteit van die Duits uit te skakel, is Junaid se Engelse vertaling aanvaar.

Die klub sien nie neer op diegene wat anders is nie en met dié benadering kan ’n mens nog groot dinge van hom verwag.

BSZA het in ’n kort tydjie baie gedoen – van breakfast runs, skakelwerk en die insluiting van ander klubs en voertuie tot die aanbieding van ’n dyno day in samewerking met CPI.

Die klub groei vinnig omdat hy nog geen ledegeld hef nie.

Wanneer jy aansluit, is jy meer as net ’n klublid: Jy word lid van ’n nuwe familie.

UITNODIGING

Karklubs, Son nooi julle om julle stories in ons nuwe feature te vertel. Kontak Abubakr­ by abubakr.francis @media24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters