Verlede maand
Wiele kom kwaai af
pap tyre: Wie wil nou hierop afkom ná ’n dag by die werk?Foto’s Albert Bakkes  ~ 

WAAR om te begin?

Dinsdagmiddag ná al die lekker reën wil ek toe mos ’n vrek goeie ryding in die modder gaan toets.

(Wel, dis “ ’n vrek goeie ryding” vir ’n bakkie, en julle weet hoe ek oor bakkies in die stad voel.)

Maar toe ek ná werk by my parking spot (lees: modderpoel) onder die brug aankom, is die regteragterwiel pap tot op die rim.

Nou, pap wiele is maar deel van die lewe, en ek het al dosyne omgeruil – maar nie noodwendig in ’n modderpoel onder ’n brug nie.

Maar eers moet ek uitfigure hoe om die donnerse spaarwiel van onder die bak te drop.

Eers druk ’n mens so ’n lang ding wat lyk soos ’n besemstok met armpies in die bakkie se hol bo die nommerplaat op.

Dan tas jy in die donker rond om die punt in so ’n receptor te druk. En dan draai jy daai paal met moeite met die lug nut spanner totdat die wiel drop.

O, en dan sukkel jy nóg 15 minute om die retainer wat die spaarwiel gebolt het, deur die middel van die wiel te voer.

So yay, die spaarwiel is los (en ek is vol modder).

Maar waar is die jack vir dié ding wat ver oor ’n ton weeg? Ek kom uiteindelik af op iets wat omtrent so groot, of liewer klein, soos ’n bierblikkie is – ’n air pressure jack.

Grawe

Ek drop ’n paar gevleuelde woorde wat Samuel L. Jackson sal laat bloos en begin die lang proses om die beast opgelig te kry. Dis vergeefs, want die jack se footprint is so klein dit sink in die modder in.

Ek try toe maar ’n ou army trick: Om met die lug nut spanner ’n shell scrape onder die wiel te grawe om op te maak vir die jack wat nie kan hoër nie.

Maar eers moet die pap wiel af. En terwyl ek die lugs probeer afskroef, wonder ek: “Bliksem, het Hulk hulle vasgedraai?” Want ’n mens moet omtrent op die spanner se lever spring.

Uiteindelik is die lugs los en ek laat sak die wiel in die shell scrape om die skroewe op die wheel plate met die spaarwiel op te line.

Lang storie kort, uiteindelik is die spaarwiel op. Maar op pad huis toe wonder ek tog of ek iewers gedurende al daai gesukkel ’n ef-op gemaak het ...

En jip, ek hét, want die volgende oggend wil die spaarwiel homself op die N1 van die wheel plate verlos.

Ek bel toe maar die agent om te kom help.

En terwyl ek wag, wonder ek of iets anders as my moer gestrip het. En jip, die lug nuts is klaar.

My eintlike relaas is: Alle nuwe bakkies word geadverteer as die beste ryding in die rough. Dis danksy goed soos 2H, 4H, diff locked 4H en 4L vir die regte hairy stuff.

Maar sê nou ’n mens val vas in die regte stront? Wel, dan is jy screwed met daai tottie van ’n jack, al is jy ook hóé vindingryk.

Kyk net hoe het dié oudsoldaat gesukkel (en steeds soort van misluk) – en dít in die stad.

Offroaders

’n Bakkie is net so goed soos sy recovery kit – enough said.

Ek hoor roadside assistance is deel van omtrent alle nuwe bakkie-deals, maar wat as daar nie mobile reception is nie?

Ernstige offroaders skaf maar hulle eie dedicated kit aan, soos grawe, offroad jacks en ekstrasterk spanners.

Maar vir die prys van daai bakkie wil ek ’n pap wiel mos moeiteloos vervang!

Dit bewys net weer dat bakkies maar taamlik useless is. En nie net in die stad nie, maar gegewe hulle recovery kit, sommer oral.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters