2 maande gelede
Wees wys as jy ’n kar eye
KIES REG: Jy moet na ’n hele klomp faktore kyk as jy na ’n nuwe kar kyk.  ~ thedrive.com

DIS die silly season en jy sal verbaas wees hoe baie mense dié tyd van die jaar kar koop.

Want net soos in die ander shops het dealerships ook allerhande specials aan.

Jy sal ook verbaas wees hoe silly baie mense in die algemeen is as dit by kar koop kom – en ook nie net in dié tyd nie.

Goed waarna jy volgens MotorHappy (daai motorplan-mense) moet kyk as jy nuut of second hand koop, is: Waarvoor gaan jy die kar gebruik?

Gaan jy dit net elke dag in die verkeer gebruik of gaan jy ook gereeld die langpad vat?

En hoe lyk dit met die gravel travel? Jy gaan after all nie high heels koop as jy die hele dag op ’n building site werk nie.

Natuurlik speel jou budget ’n baie groot rol.

Never mind jou needs, wants en persoonlikheid, jou budget gaan in die meeste gevalle eintlik die grootste rol speel.

Daai rooi Jag F-Type is pragtig. Maar nie so beautiful as die repo man kom om dit op die flatbed te sit nie.

En hoe oud is jy? Doen jy nog school runs of gaan laai jy die kinders by die sportveld af ná skool? Of is jy nog sorgvry en single?

En dan is daar ook die mense wat omgee vir die ysbere en worry oor die carbon footprint.

Maar in die regte lewe bly mense deesdae weg van daai reuse-V8’s nie oor hulle omgee vir die ysbere nie.

Hulle gee eerder om vir hulle beursie, want ’n V8 suip meer petrol as ’n alkie met ’n drankwinkel.

En my favourite: Bly weg van tamaai, groot en vrek duur 4x4-bakkies as jy in die stad woon.

’n Bakkie is omtrent so useful soos ’n witrenoster in die stad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters