4 maande gelede
Weer tyd vir classics
Spoggerig: As jy ’n petrolkop is, moet jy volgende maand na die George Old Car Show gaan.  ~ Verskaf

AS JY in die Suid-Kaap woon en ’n petrolkop is, is jy regtig blessed.

Maar as jy in die Wes-Kaap of Oos-Kaap woon en brandstof in jou are het, moet jy nou begin spaar.

Vir die 24ste George Old Car Show natuurlik!

Die show is nou al ’n instelling op die dorp en trek honderde besonderse inskrywings van reg oor die land.

Dit word elke jaar by die PW Botha Kollege gehou en vind op 8 en 9 Februarie plaas.

Net voertuie wat voor 1975 gemaak is, mag inskryf. So, verwag maar ’n hele paar classics.

Soos die 1901-Benz Ideal, die oudste kar in die land. Of wat van die 1946-MG TC? Dis die eerste MG wat ná die Tweede Wêreldoorlog gelaunch is.

Terloops, die TC is die kar wat die hele sports car craze in Yank­land begin met.

En die Renault Gordini het tussen 1950 en 1956 in Formula One gecompete. Maar waarvoor die Gordini ’n legend is, is daai seges in die 24 Hours of Le Mans races tussen 1962 en 1969.

’n Nuutjie dié jaar is die fokus op bakkies. Ja, jy het reg gelees.

Die storie is dat die ontstaan van bakkies, of Utes, dit te danke het aan ’n brief wat in 1932 deur ’n boer se vrou, Victoria, in Gippsland aan Ford Australië geskryf is. Sy vra in die brief vir ’n voertuig wat hulle op ’n Sondag kerk toe kan vat en op ’n Maandag hulle varke na die mark toe kan karwei.

In die bakkie display kan jy die Task Force 1957 GMC 100 Half Ton en die legendariese Ford Ranchero sien.

Mercs

En terloops, die Valiant Club (ek het grootgeword in een) vier 60 jaar, met die eerste een wat hier in 1959 gebou is.

Moenie van al die Mercs vergeet nie. Dis alles te danke aan die Scribs Benzeum wat meer as 50 Mercs het.

Daar is ook die Shelby Cobras met daai V8-monsters.

Vir meer inligting kan jy die Southern Cape Old Car Club se webtuiste besoek by www.scocc.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters