4 maande gelede
Wéér ’n insig agter die wiel
ontwaak: My dogter Mila is my navigator (en fotograaf) in dié Bentley Bentayga.Foto: MILA BAKKES  ~ 

KOM ek skop sommer af met ’n byna woordelikse vertaling van ’n post wat ek, wel, gepost het.

Hier’s ’n quick selfhelp guide vir “How to get along with your Teenage Daughter”:

1. Maak die verkeerdste lewenskeuses.

2. Word die pa van ’n dogter.

3. Word ’n journo (ná ál daai verkeerdste lewenskeuses).

4. Skei.

5. Ontstel jou dogter verskriklik.

6. Begin toetskarre bestuur.

7. P*s elke motorvervaardiger af (met wat jy skryf).

8. Kry een lux brand waarvoor hulle hul gatte af kan lag (vir wat jy skryf).

9. Laat hulle jou hul karre toets­bestuur.

10. Gaan op ’n Bentley Bentayga V8 diesel-launch in die twisties op ’n helder wintersdag in die Boland met jou dogter as navigator. Get along with your daughter. Easy as that...

Nee, miskien nié so maklik soos dít nie, nè?

Verlede week het ek in ’n lux Britse brand ’n hele paar lewenslesse geleer.

Ek is onkant betrap in die Bentley.

Hulle het my die Dinsdag uit die bloute genooi om die volgende dag saam te kom hardloop in daai V8 van hulle.

En terloops, bring sommer vir Mila saam, want hulle weet sy is ’n regte klein petrolkop.

En Mila is natuurlik uit haar vel van opgewondenheid, want sy het juis die Maandag die Porsche launch misgeloop.

Deurbring

En ek en sy word ook nie met ’n ander journo saamgegooi nie, soos dit nou maar op launches gaan. So, niks van ál daai beurte maak om te bestuur nie.

Nee, Bentley “stel” haar toe sommer “aan” as my navigator. Menende dis net ek en ’n 15-jarige dogter wat ’n paar uur saam sal deurbring in wat bestempel kan word as die luuksste SUV ooit.

En ek is ná so 20 minute vreeslik ontnugter, want ek besef toe dié mens langs my is nie meer Pa se “kind” nie. (Ja, wat mý betref sal sy altyd Pa se kind bly.)

Ek besef toe sy is ’n jong vrou met haar eie idees en standpunte, want sy hanteer haar rol met daai roetegids in die kar beter as die meeste journos wat ek ken.

En ek besef toe dat sy eintlik baie soos ek is, maar ook tog so anders met elemente van die eks, haar ma.

Dat sy ’n mens in eie reg is, en met reg, want sy kan tog nie ’n carbon copy van my wees nie, of hoe?

En toe vermurwe dié ou hardebaard se hart, want hy let toe op hoe beleefde, dog opiniated, maar baie volwasse sy interact met die Bentley-mense en ander journos.

Stuurwiel

Sy was after all die enigste “kind” (ja, daai woord alweer) tussen ál die volwassenes op die launch.

Maar sy het as’t ware haar man gestaan. En ek besef toe, ek kan haar nie meer ’n kind hou nie; ek sal haar anders moet begin hanteer. (Ek weet nog net nie hóé nie).

En soos met baie van my lewenslesse en Pad-na-Damaskus-oomblikke, het dit agter ’n stuurwiel gebeur.

Ironies genoeg was dit dié keer in ’n reusagtige Bentley Bentayga met my dogter as navigator.

Miskien net een van die beste ervarings in my lewe...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters