3 maande gelede
Wanneer is dit tyd vir ’n ander kar?
KIES REG: Gaan jy ’n nuwe of used kar koop?  ~ usedcars.com

OM ’N ander kar (of ’n nuwe een) te koop, is maar ’n moeilike saak, nè?

Veral as jy probeer spaar of miskien net nie kans sien vir al daai admin nie – veral as dit by ’n nuwe kar kom.

Maar soos Barend Smit van MotorHappy sê, partykeer raak dit net te duur om vas te hou aan daai ou skedonk van jou.

Daar is indicators wat vir ’n mens wys dit raak tyd om uit te kyk vir ’n ander of nuwe wa.

Volgens hom is die twee algemeenste indicators (1) dat daar altyd iets is om te fix aan jou kar, en (2) jy nie altyd seker is of jy wel by die werk gaan uitkom nie, want die kar se reliability is in sy moer.

Barend sê Jeremy Clark­son dink mos ’n kar kry eers ’n siel as hy begin breek.

Veilig

Maar ’n kar met ’n siel wat jou nie by die werk kry nie, laat jou definitief nie goed voel nie.

En miskien is daai kar net eenvoudig nie meer veilig vir jou of ander bestuurders op die pad nie.

Die ander indicator wat iets vir jou moet wys, gaan oor ride enjoyment vir jou.

Ek stem saam met Barend as hy sê die “joy of the ride” is baie belangrik vir petrolkoppe.

En as jy nie meer daai plesiertjie kry nie, dan is dit miskien tyd vir ’n ander of nuwe liefde.

Die laaste indicator is dat jou lewe miskien verander het.

Die Corsa raak net te klein en te onveilig vir die babastoel, die telg self, die pram, die doeksak en die bottels.

Nuut of second-hand?

Met nuwe karre kry jy goed soos ’n volledige warranty- en guarantee-opsie.

Maar dis in die meeste gevalle ’n probleem vir first-time buyers.

Maar gelukkig groei die second-hand market en is daar good quality dealers en karre op die mark.

Check maar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters