2 maande gelede
Wag kan mark deflate
WAG: Sal daar ná die lockdown oor die vieslike virus nog ’n plaaslike karbedryf wees? Die Isuzu-bakkie word juis plaaslik gebou.  ~ Albert Bakkes

VOLGENS oorlewering het die Chinese eeue gelede ’n gesegde gehad wat hulle mense toegewens het: “May you live in interesting times.” Klink mos onskuldig, of hoe?

Maar dit was eintlik ’n curse wat hulle oor jou uitgespreek het.

En ja, nou leef ons in baie, báie interessante tye­, nè? Ironies genoeg het die virus juis sy oorsprong in China gehad.

My “wêreld” het ook nou in duie gestort.

Die karwêreld, natuurlik. En ek weet regtig nie of dit weer op die been/wiel gaan kom nie.

Ford het my gemail. Hulle het as gevolg van die virus vir die afsienbare toekoms alle produksie in Indië, Thailand en Viëtnam gestop.

En natuurlik ook by ons plaaslike aanlegte: die Silverton Assembly Plant in Pretoria (waar die baie suksesvolle Raptor-bakkie gebou word) en die Struan­dale Engine Plant in Port Elizabeth.

Sover ek weet, is BMW se aanleg in Ross­lyn duskant Pretoria ook toe. So ook ’n plant net duskant hulle.

As ek dit reg het, kan die bestuurders die werkers verplig om tydens die lockdown verlof te neem.

En as jou verlof op is, dan is ek jammer om van jou k*k te hoor. Unpaid leave is dan jou voorland.

Gelukkig het ek lank voor die lockdown ’n toetskar gekry van daai gawe mense by Deon Joubert Racing, so ’n tamaai Isuzu D-Max-bakkie.

Maar daai agente is ook vir die lockdown heeltemal gesluit.

Die meeste motormakers wie se karre Deon en sy span verkoop, het in elk geval demand dat hulle ál die toetskarre terugneem wat by journo’s is.

Dit is heeltemal verstaanbaar, want hoewel die lockdown na verwagting op 16 April verby sal wees, weet niemand vir hoe lank die virus nog ’n impak gaan hê nie.

En dan wil die vervaardigers nie hê hulle karre moet daar by journo’s stof vergader nie.

Die Japanse reus Toyota het ook vir my gesê vir die afsienbare toekoms sal geen toetskarre beskikbaar wees nie.

Die Retail Motor Industry Organisation (RMI) het ook ná die aankondiging van die lockdown hard gespook dat Business Unity South Africa (Busa) en die government verklaar alle tyre, parts en accessory services en repair en maintenance servicing outlets vir voertuie en bikes is “essential services”.

Met ander woorde, dat hulle kan oopbly – met beperkings, natuurlik.

Onthou, dié regulatory body verteenwoordig amper 8 000 besighede in die automotive aftermarket ...

Volgens Jackie Olivier, CEO van RMI, kan dit ’n sleutelrol speel in die task teams wat Busa en die regering op die been gebring het om te kyk hoe sake-inisiatiewe in die tyd van die virus in werking gestel kan word.

Olivier meen in dié tyd is die properse funk­sio­nering van álle kritieke infrastruktuur vrek belangrik. Dink maar aan die reddingsdienste se voertuie wat tog ook gediens moet word.

RMI-lede wil natuurlik nie op die ou end hulle deure permanent moet toemaak of hulle werkers in die pad steek nie.

Sover ek kon vasstel, het die RMI se pleidooie nie geslaag nie. Ons verwag dus job losses in dié belangrike sektor.

Ja-nee, van vandag af is ons in vir ’n baie, báie bumpy ride.

We live in interesting times, indeed.

Ek hoop net dat, wanneer alles uiteindelik verby is, daar nog ’n plaaslike motorbedryf sal wees en ek nog my passie kan uitleef om oor karre te skryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters