2 maande gelede
‘Viking fort’ op 20-duim-tekkies

DIÉ is eintlik nie die gewone Rev Counter nie.

Ek het dié wa te min bestuur om realistiese terugvoer te gee.

So, dié is eintlik ’n review/preview ná dié week se papnat launch in die Boland.

En die review/preview lyk uitstekend: Ontmoet die revised/updated Volvo XC90.

Interessant genoeg is dit my eerste ontmoeting met dié reuse-crossover. Dit was die enigste een in die Volvo line-up wat ek nog nooit bestuur het nie.

Hamer

Om dit te bestempel as ’n Viking-fort op wiele is ’n understatement. Dis ’n báie groot SUV, dié.

En soos Thor se hamer kom die ding amper voor soos ’n blunt instrument.

Die DRL-ligte het hoeka so ’n Thor’s hammer crossbar in die ontwerp.

Totdat ’n mens die detail check: Dis binne en buite exquisitely ontwerp en vervaardig.

Ek meen, kyk maar na die design language. Dis in 2015 die eerste keer aan die wêreld voorgestel.

Benewens ’n nuwe grille is die exterior grootliks (all puns intended) dieselfde.

En dis fine, want dis nog glad nie verouderd nie.

Binne is die veranderings duideliker.

Volvo bied nou met sekere modelle ’n six-seater-opsie pleks van die meer tradisionele seven- seater, deur die middelste seat in die middelste ry weg te laat.

Dit gee dié modelle ’n definitiewe premium feel, want die passasiers in die tweede ry het nou elk hulle eie captain’s chair.

En elk van die nuwe modelle het ’n “Volvo on Call”-knoppie wat ’n mens kan druk wanneer jy in die stront is.

’n Tannie aan die ander kant sal jou dan hopelik kan help.

Daar is ook ’n SOS-knoppie om die cops te ontbied wanneer ’n mens gehijack word.

Deur die reeks het jy ook die R-Design package beskikbaar.

En sedert ek kennis gemaak het met die hele R-Design design language moes ek elke keer op my kneukels byt om nie te huil nie, dis so beautiful.

’n Mens het steeds daai moewiese tablet-like skerm in die middel van die dash wat die hele console uncluttered maak.

Want pleks van knoppies druk, beheer jy alles van die temperatuur tot jou seat warmers, waarskuwingstelsels se activation en deactivation, sportiness, comfort driving settings en Bowers & Wilkins sound system met sy 19 speakers van een skerm af.

In die begin het dit my opgetrip, want ’n mens moet ’n bietjie menu dive, maar ek dink ’n eienaar sal dit gewoond raak, soos met enige smartphone.

Die gestoeltes is besonder ondersteunend vir enige een, en is natuurlik oorgetrek met leer.

Daar is soft-touch-materiale oral en niks voel asof dit haastig uit ’n hoed getrek of haastig aan mekaar geplak is nie.

Dieselmeul

Ál die modelle maak staat op – wait for it – geen V8’s nie, maar eerder four-pot-, 2F-diesel- of -petrolenjins.

Die turbocharged dieselmeul in die brood-en-botter D5 Geartronic AWD is good to go vir 175 kW en 480 Nm. (Dit het ’n dash time van 8,2 sek., wat haastig is vir so ’n groot kar).

Die petrolboetie gee jou 187 kW krag en 350 Nm.

Dinge raak progressively meer aggressief in die T6 turbocharged en supercharged petrolmodel met 235 kW en 400 Nm. (Dash time: 6,5 sek.)

En dan het jy natuurlik die range-topping T8 met daai 300 kW en 640 Nm wat jou kwylspatsels teen die agterruit gaan los. Terloops, dis ’n hybrid wat hom daai helse ekstra boost gee.

Good to go vir 5,6 sek. anybody?

Maar hoe ry hy ..?

Die XC90 ry nie, hy sweef. Geen pad in die gramadoelas van die Swartland het hom laat skrik nie.

Die 20-duimers het eindelose grip. En selfs met daai groot lyf was daar nie daai wallowing rondvallery wat ’n mens so onkant betrap in sekere crossdressers in dié segment nie.

’n Mens kry ’n super-smooth, flat ride en oorgenoeg low-end grunt om daai trokke in ’n ry verby te steek.

Maar hier’s die pynlike waarheid. Dié Viking is ’n tragiese hero-in-waiting, want ons nasie gaan soos altyd weer vir die Duitse rygoed hardloop wanneer ons die geld het ...

  • Om op te som: ’n Super-gedetailleerde, uitmuntend geboude, specced-to-the-eyeballs, badass-looking, balls-to-the-wall dinamiese kar – met ’n siel. So, 9 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters