11 maande gelede
Volvo Ocean Race
wenner: Die XC90 het nie verniet Car of the Year gewen nie.  ~ 

RAAIT. Kom ons begin by die begin.

Die Volvo XC40 compact crossdresser kom volgende April as ek reg gehoor het. En kyk daai lyne.

Volvo maak nou sekerlik van die begeerlikste karre op aarde.

Kyk maar na die XC90 (hier in hybrid vorm) wat reeds hier is en die Car of the Year gewen het as ek reg onthou.

En check daai V90 station wagon. Jy moet op jou tande kners om nie te huil nie, dis so mooi. So mooi dat ek glo mense sal weer begin belangstel in station wagons en wegloop van al die bakkies.

En die XC60 is ook nie te versmaai nie. Hulle laat tot lorries sexy lyk

Die Duitsers kan sommer ’n paar dinge leer van die brand.

Die karre (en lorries, en construction vehicles was mos almal uitgestal daar by die Volvo stand daar by die V&A Waterfront.

Maar hulle was nie die eintlike stars van die show nie.

Dit was die sewe seiljagte met hul crews wat na duisende kilometer op die oop see van Lisbon geseil het en hier in die Kaapse hawe vir ’n pitstop gestop het. In die Volco Ocean Race.

En met reg.

Want as jy hierdie lees is hulle sterk oppad na Melbourne, Australie”e. Maar nie voor hulle die Roaring Forties daar doer suid in die oop see moet trotseer nie. As gevolg van die massiewe winde, geen landmassas vir windbreaks nie, die aarde se rotasie, en botsende seestrome, is die streek op die oseaan eintlik en massiewe konstante mal storm.

Soos een kaptein ges^e het: Moenie hier dink aan ’n seiljag nie, dink maar eintlik aan ’n submarine want jy is konstant onder water.

So die bote (net onder 30 meter lange monohulls) moet super sterk wees. En dit maak hulle vrek duur. As my navorsing reg is kos elke boot meer as R270 miljoen...

Die organiseerders het vir die 2014/2015 besluit al die bote moet identies wees, en hulle word gemodify en gebou deur Farr Yacht Design.

So dit hang nou net van die crews op daai jagte af wie wen of nie.

Die race word elke drie jaar gehou, en word as die mees uitmergelende yacht race op aarde beskou.

Hoe uitmergelend?

Hoe klink 45 000 nautical miles (of te wel 83 340km) vir jou?

Oor 9 maande?

Hulle stop darem by 12 stede regoor die w^ereld. Maar die res van die tyd is dit net die crews (enige iets tussen 7 tot 11 in ’n span) die insane weer en, branders so hoog soos skyscrapers. Want hulle gaan in die race, 12 500 nautical miles in die Suidelike Oseaan (die gevaarlikste plek op aarde) speel.

Die seljagte average so 22 knope (42km/h). Maar hulle trotseer ook winde van 80 knope, en dan slaan hulle 40 knope (80.something km/h). En as jy van daai boot afval teen daai spoed is jy ietwat gefok. Morsdood om presies te wees want dan is water so hard soos concrete.

En dit maak van elke crew member ’n super star.

Gewone mense sal mal raak in so ’n confined space vir so lank in sulke horrible (en lewensgevaarlike) omstandighede.

En toe besef ek, F1 kan maar gaan slaap.

Van nou af volg ek eerder die race. Al kom dit net elke drie jaar...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters