Verlede jaar
Volvo 'n meester
hybrid: Julle weet mos ek is al sedert 2015 mal oor die Volvo XC90, maar hier bring Volvo se mense my toe ‘n TwinEngine T8 model wat hulle plug-in Hybrid is.Foto’s verskaf  ~ 
hybrid: Julle weet mos ek is al sedert 2015 mal oor die Volvo XC90, maar hier bring Volvo se mense my toe ‘n TwinEngine T8 model wat hulle plug-in Hybrid is.Foto’s verskaf
gesofistikeerd: Die Volvo XC90 weier misgekyk word en die stilering is treffend sonder om aggresief tewees.
tech: Die petrol enjin skop die krag na die voorwiele.

Julle weet mos ek is al sedert 2015 mal oor die Volvo XC90 toe hy hier bekend gestel is vir verskeie redes, maar hier bring Volvo se mense my toe ‘n TwinEngine T8 model wat hulle plug-in Hybrid is.

Al wat dit beteken is dat hierdie twee liter, turbo en supercharged vier silinder engine in hierdie weergawe bygestaan word deur ‘n 65Kw elektriese motor en Litium-Ion battery. Die twee werk snaaks genoeg heeltemal apart van mekaar omdat die petrol engine die voorwiele deur ‘n agt spoed automatiese gearbox van krag verskaf terwyl die elektriese stelsel slegs die agterwiele aandryf en ook net as dit benodig word. Klink dit impressive? Dis nie net ek wie so dink nie. die Volvo XC90 het suid Afrika se Motor van die Jaar prys losgeslaan vir 2016 en regoor die wereld verkoop hierdie sewe sitplek familie droomwa soos soetkoek.

Hy’s natuurlik nie spot goedkoop nie want R 1053 400 was nog nooit min geld nie. Hy is egter goedkoper as al die ander plug-in Hybrid SUVs van vervaardigers soos BMW en Lexus. Dis ook groter met sewe sitplekke, kan 42KM of twee keer soveel afstand aflê met slegs die battery as kragbron en dis net ‘n beter produk oor die algemeen. Die Volvo XC90 Lyk beter, is meer bekwaam op ‘n grondpad of selfs op ‘n teerpad en dis ligjare beter toegerus as die kompitisie met standard features soos ‘n moerse touch screen in die dash, ‘n enorme sondak, sewe sitplekke, beter verrigting met beide verbruik sowel as kraglewering en dis uiters statig en trek eerder die soort aandag wat mens verwag van ‘n Range Rover. Die Volvo XC90 weier misgekyk word en die stilering is treffend sonder om aggresief tewees.

Die petrol engine skop klaar 235Kw krag uit, maar die 65Kw van die elektriese stelsel maak dat die Volvo XC90 altesaam 300Kw magtig is. die wringkrag van 400Nm petrol engine en 240Nm elektries, voorsien die groot wad us ook van ‘n gesamentlike torque syfer van 640Nm wat genoeg is om enige heuwel teklim. Volvo maak aanspraak op petrol verbruik van 2.1 liter per 100km, maar dis onrealisties. Ek het niks beter as vyf of ses gekry nie, maar die 42km battery reikafstand het gesorg dat ek soggens werk toe kon ry en smiddae weer terug kon ploeter sonder om enige petrol te gebruik. By tye kan jou petrol verbruik dis nul wees en dis heelwat beter as 2.1L

Jy kry natuurlik ‘n plug en adapter ding wat soos ‘n baie groot cellphone charger lyk en hom plug jy by enige 220V muurprop in om jou XC90 in drie ure weer vol telaai. Die proses kos so R20 se krag by die huis, maar by die werk was dit sommer verniet, maar moet vir niemand sê nie.

Jy sal nooit met pap batteries teen die pad staan nie, want die petrol engine charge dan ook die batteries terwyl jy bestuur. Die plug in hybrid gedeelte maak net dat mens die battery stelsel soos die petrol engine kan optop van ‘n bron buite diei voertuig. Iets soos ‘n Toyota Prius wat slegs as ‘n Hybrid bekend staan laai die batterye slegs met die kar se engine. Jy kan hom nie in- plug nie en sy kragbron werk in parallel met die petrol engine, nie afsonderlik soos die Volvo se plug-in stelsel nie.

Ja die Volvo XC90 D5 AWD Inscription is steeds my persoonlike keuse, oor dit net eenvoudiger is, maar mens moet erken dat hierdieelektriese meneer moerse impressive is en gemeaklik die pas aangee van wat ons vorentoe kan verwag van Volvo. Eenvoudig uitstekend!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters