5 maande gelede
Viva Porsche!
happy happy! ’n Verjaardag van ’n ikoniese brand genaamd Porsche by Kyalami. “Net” 70 jaar jonk! Kom ons sê cheers op nóg 70 jaar! Foto’s: albert/mila bakkes  ~ 

70 JAAR jonk!

Ja, verlede naweek was dit die globale verjaardag van een van die mees ikoniese kar-brands van alle tye.

En terloops, volgens navorsing, een van die mees erkende badges (en shape) op die planeet.

Ek praat natuurlik nou van Porsche­.

En ek en Mila was Saterdag daar by die global birthday celebrations by Kyalami. Behalwe vir die uitstalling van die brand self, was daar seker 1 500 of meer Porsches van elke kleur en geur, oud en jonk, vintage en nuut, wat deur die eienaars en Porsche clubs gebring is.

Doer ver in 1948 het Ferdinand Porsche, die granddaddy van die brand, die eerste prototipe bekend gestel (die body was aluminium, as ek reg onthou). Dit was ’n lightweight rag top coupe sportskar met ’n rear wheel driven, rear mounted-enjin.

Dit was die granddaddy van wat die ikoniese 356 sou word.

Produksie het in die klein dorpie Gmünd in Oostenryk begin, waar 50 karre gebou is.

In 1950 het die fabriek na Zuffenhausen, Duitsland, geskuif en produksie van die 356 het voortgegaan tot April 1965, selfs nadat die replacement model 911 in 1963 sy debuut gemaak het.

Terloops, van die 76 000 oorspronklikes wat gebou is, bestaan die helfte nog. Dit wys jou net hóé goed hulle daai jare aanmekaar gesit is.

En as jy na die foto van die “356 Nr. 1 Show Car” kyk, sal jy beslis die DNA van basies alle Porsches sien.

Maar laat die Porsche porn pics eerder meer vertel ...

number 1: Die eerste prototipe Porsche, wat die ikoniese 356 sou word. Dit is all the way van die Porsche- museum in Stuttgart ingevlieg vir die groot verjaardag.
langasem: Produksie van die 356-reeks het tot 1965 voortgegaan.
race ready: Ek by ’n monster 911 GT3 RS.
happy happy! ’n Verjaardag van ’n ikoniese brand genaamd Porsche by Kyalami. “Net” 70 jaar jonk! Kom ons sê cheers op nóg 70 jaar! Foto’s: albert/mila bakkes
icon: The 911 Carrera we know and love van die 80’s.
ougat: Dié 912 was ook daar.
wenner: Die 911 het dekades lank met verskillende trofees weggery oor die hele wêreld.
kan jy glo? Die Porsche-patroon van die gebruik van lightweight materials het basies­ onveranderd gebly.
tamaai: Die Carrera GT, wat tussen 2004 en 2007 gebou is, was ’n monster met ’n 5.7 F V10-enjin. Good to go vir ’n allemintige 450 kW (612hp), met ’n amptelike dash time van net 3.9 sekondes en ’n topspoed van 330 km/h.
classic: Die Speedster – só mooi, ek moes op my kneukels byt om nie te huil nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters