4 maande gelede
Vervaardigers soos koeksisters
So, jy dink Bentley is Brits? Dink weer, want dis eintlik Duits.  ~ Albert Bakkes

WELKOM by die wonderlike, weird wêreld van motorvervaardiging.

Hoekom? Want iemand het my dié week gevra wat die ancient Toyota Etios gaan vervang.

En toe weet ek nie en het die antwoord maar gegoogle. Want die vraag het my kop aan die galop gesit.

En ek het agtergekom as dit wel SA toe kom, sal dit in alle waarskynlikheid een of ander Suzuki wees.

Want die Swift en Etios word in Indië gebou en daar is ’n ooreenkoms van ’n aard tussen die Japanse Goliat en die heelwat kleiner Dawid om tech, R&D en resources te deel.

Terloops, gepraat van ’n reus: Toyota het mos al etlike jare gelede die piepklein Subaru (ook ’n Jap) heeltemal ingesluk. So, as jy ’n Toyota 86 ry, ry jy eintlik ’n Subaru.

Jare gelede het die famous Aston Martin marquee brand (dink James Bond) mos Toyota ook gecommission om ’n Mini-Me-klein Aston Martin te design en bou (gegrond op Toyota se iQ). Gelukkig is dié mons­trosity stil dood.

En so gaan dit aan. Die Franse Renault en Jap Nissan is mos al jare lank in die bed as “The Alliance”. Share parte, platforms, enjins en switch gear, om net ’n paar goed op te noem.

Maar weet jy wat? As jy sekere Mercedes diesels bestuur (dink A- en B-klas), ry jy eintlik met Renault-enjins.

En dan het jy daai famous !@#$%^, die Mercedes X-Class-bakkie. Eintlik net ’n rebadged Nissan Navara. Gelukkig, hoor ek, het dié monstrosity ook gevrek.

Beroemde

En terloops, die Nissan-bakkie is ook die platform vir die opkomende Renault Alaskan.

En vir dié wat dit nie weet nie, daai ander beroemde en eg Britse marquee brands, Jaguar, Land Rover en Range Rover (ook al dekades in ’n alliance) is lank nie meer Ingels nie, al word hulle (grootliks) in Ingeland gebou.

Hulle is eintlik almal Indies. Tata Motors het dié brands al in 2008 gekoop.

Gelukkig het die Indiërs net roepees na die probleem brands gegooi en nie kerrie nie. En nou maak hulle die beste motors ooit sedert die glory days van die vorige eeu.

Guess what: Tata het die brands oorgekoop by die Amerikaanse brand Ford.

Jy dink dalk nog Ford is ’n quintessential Amerikaanse brand. En ja, sy hoofkantoor is steeds naby Detroit, waar die brand gebore is.

Maar weet jy wat? Fords is eintlik meer Brits/Europees as enige iets anders. Dink aan icons soos die Cortina, Sierra, Escort, Transit en later die Focus en Fiesta.

Gepraat van Brits: Dink aan daai quintessen­tial Britse MG rag top (soos in Bridget Jones’s Diary).

Dié het lankal gevrek, maar die Chinese reus SAIC het dit revive.

En gepraat van die Chinese: as jy dink aan Volvo, dan sien jy mos iets so Sweeds soos Ikea.

Dink weer. Daai brand behoort al 10 jaar aan die reusagtige Chinese brand Geely. Dis nadat die Chinese die sukkelende Viking van Ford oorgekoop het.

Terloops, Geely het ook meer as ’n 9%-aandeel in Daimler AG (die eienaar van Mercedes-Benz) ...

Maar vir my is die cherry op die koek Lamborg­hini, daai eg Ita­liaanse hypercar brand (wat begin het deur trekkers te maak!).

Maar as jy die splinter­nuwe Huracan of Urus SUV ry, ry jy eintlik net ’n baie mooi Volkswagen. Want Lambo behoort aan VW en sy subsidiary, Audi.

Jeep

En as jy ’n Porsche Macan SUV ry, ry jy eintlik ’n Audi Q5. Want Porsche is ook in die alliance.

So ook die Britse brand Bentley. En die mind-blowing Bugatti hypercars.

En Skoda en Seat. En die Ducati bikes.

Die laaste insult: As jy ’n Ferrari ry, ry jy eintlik ’n Yank Jeep.

Oukei, ek weet ek oordryf nou ’n bietjie. Maar kyk, die line-up van Fiat Chrysler Automobiles bestaan uit, Abarth, Chrysler, Alfa Romeo, Dodge, Fiat, Fiat Professional, Jeep, Lancia, Maserati, RAM-lorries – en ja, Ferrari.

Nee wat, in die karwêreld is niks meer so black and white soos in Henry Ford se famous (mis)quote dat jy ’n Ford Model T kan koop in enige kleur, mits dit swart is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters