22 dae gelede
Vermy slaggate
MAAK SEKER: Ken maar die ins and outs as jy ’n kar wil koop.  ~ BMW.com

EK GEE mos elke week consumer advice oor alles wat kar is.

Maar het ek jou al vertel van alles wat jy moet weet as jy ’n kar koop?

Ek moet dankie sê aan WesBank vir dié tips wat in my inbox Beland het.

Dié bank het ’n nuttige eBook uit om laities en first-time buyers wys te maak oor langtermyn-koopooreenkomste.

Geskiedenis

Daar is voordele aan nuut én tweedehands koop.

’n Nuwe kar het nie ’n geskiedenis van slegte ry­gewoontes of ’n spotty diensrekord nie. Jy is in full control oor hoe goed jy ry en of jy dit reg maintain.

En jy’t opsies op goed soos maintenance plans en waarborge van die fabrikant.

Second-handers is goedkoper, maar het (gelukkig of ongelukkig) ’n history.

Dis ’n goeie teken as die vorige eienaar ’n volledige diensrekord gehou het.

Probeer uitvind of daar enige issue met die kar was en of dit in ’n ongeluk was.

Kies maar ’n betroubare dealer by wie jy gaan kar koop.

Sulke dealers is byvoorbeeld deur ’n company soos WesBank goedgekeur.

Nie net moet daai reputable deal­er jou help met die admin nie, hy is ook daarvoor verantwoordelik dat die karre op die vloer in ’n goeie toestand is, nie gesteel is nie, en dat daar nie uitstaande skuld op die kar is nie.

Oukei, jou kar is gekies. Maar wat van die betaalslag?

Jou credit score verwys na jou geskiedenis van betalings op byvoorbeeld jou Edgars-kaart.

Kredietburo’s deel jou kredietgeskiedenis en kredietverskaffers bekyk dit om uit te vind of jy ’n verantwoordelike ou is aan wie hulle geld vir nuwe wiele kan voorskiet.

Die finance pe­riod verwys na die termyn wat jy het om daai wa af te betaal.

Die lengte van die termyn sal bepaal hoe groot jou maandelikse paaiement gaan wees. Hoe langer die termyn, hoe minder betaal jy elke maand – maar op die ou end kos dit duurder as gevolg van die rente.

Wees versigtig vir balloon payments. Dis ’n lump sum wat jy aan die einde van die finansieringstermyn sal moet uitruk. Dis baie tempting aan die begin, want jou terugbetalings gaan minder wees.

Maar dit jaag die rente op en gaan by jou spook wanneer daai tyd kom.

As jy nie nóú ’n lump sum het nie, wat laat jou dink jy gaan een hê ná vyf jaar se ekstra betalings?

Boonop is terugbetalings net één deel van total cost of ownership. Dienste, versekering, tolgeld en speed­ing fines kom nog by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters