Verlede maand
Vermy die pitfalls van kar koop
faktore: Daar is sekere tricks wat jy kan toepas om ’n kar te koop.Foto: albert bakkes  ~ 

SO DEUR die jare heen het ek al baie karre “gekoop”.

Menende, lesers, pelle en kollegas het gevra ek moet ’n bietjie kennis en ervaring deel oor kar koop.

So, hoe koop ’n mens ’n kar? Wel, daar is ’n paar tricks.

Die eerste kwessie is dalk waarvoor jy daai kar wil gebruik.

As jy net in die stad daarmee gaan ry, dan koop jy vir jou ’n midsize sedan as jy ’n gesin het.

En as jy enkel is, skaf jy ’n klein karretjie aan vir jouself.

Hoekom ’n tamaai 4x4 koop? Die goed is lomp, vrek duur, baie dors en moeilik om te park.

As jy die langpad so af en toe vat, is daar ’n paar faktore wat jy moet oorweeg.

Stel vas wat die “footprint” van die brand oor die land heen is.

Realiteit

Menende, as die ryding in Brandvlei in die middel van die Moordenaarskaroo vrek, is dit belangrik dat jy weet waar die naaste dealership vir jou brand is, veral as jy parte nodig het.

Die realiteit is dat brands soos, ja, VW en Toyota ’n dealership in omtrent elke klein dorp het.

En van klein dorpe gepraat: Gaan koop ’n kar in een van hulle.

Dis omdat die groot deal­ers in die stede hordes eenhede per maand verkoop, en nie juis bereid is om met jou te bargain nie.

Die dealerships in die dorpies is maar net te gretig vir ’n sale en sal waarskynlik bereid wees om jou ’n goeie deal te bied.

Check net daai warranties en guarantees baie goed uit voordat jy sign.

En van goeie deals gepraat: Moenie net mol vir die major brands nie.

Vind uit watter brands wil hulle footprint en invloed in Suid-Afrika ywerig uitbrei. (Dink Suzuki, Kia, Hyundai, Mitsubishi, wat almal puik rygoed is.)

Glo my, hulle sal jou ook, soos die dealerships in die dorpies, tegemoet kom.

Natuurlik nie net om ’n sale van die groter brands te “steel” nie, maar ook om jou as lojale klant te lok en te behou.

En, o ja, ’n full-size spare en propperse jack is absolute móéts vir die lang pad in dié ou landjie van ons, al is dit ook net af en toe.

So, kies daai kar met die practicalities daarvan in gedagte.

Doen yskoue navorsing oor die brand wat jy oorweeg en lees consumer reports – dís waarvoor Google daar is.

En moenie met jou hart koop nie; koop met jou kop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters