3 maande gelede
Vaal maar fab
Favorite: Die Mercedes B200, ’n wenner onder die oor 60-brigade.  ~ Albert Bakkes

EK MOES die week eintlik oor ’n Fransman geskryf het. So ’n quirky een van wie ek nogal gehou het toe ek hom eers uitgefigure het. (Note to self: Don’t believe PR bull.)

Maar toe ry ek ’n Duitser. En besluit om eerder oor hom te skryf.

Hoekom? Want ek het in die Mercedes B200 gekliek ek is nou amptelik oud. Want ek het die mom’s taxi vreeslik geniet.

Of, moet ek eerder sê grandmom’s taxi?

Kom ons begin by die begin. Dis wit, ietwat bloated en bland.

As jy in die verkeer verby een sal, ry sal jy miskien nie eens oplet wat dit is of watter brand dit is nie.

Ek verstout my om te sê jy sal die B200 maklik in die airport se parking lot verloor.

Bygesê: Sy design language is baie beter as die vorige een s’n.

(!@#$%^ lelik, lomp en lump­y.)

Die wa deel die platform met sy A-Class-boetie, maar hy is ’n perd van ’n heel ander kleur (al is dit nou wit).

Daar is baie kopspasie. Hy is 1,56 m hoog.

Elders is ook oorgenoeg spasie, want hy is 1,76 m wyd en 4,5 m lank. Dit gee jou ’n boot space van 455F.

Vrouestem

Ek het met die 4-pot-1,4F-turbo-petrolmodel gery, die een met daai super smooth 7-speed DCT box. Good to go vir 120 kW krag en 250 Nm torque. Dit gee jou ’n skaf­like dash time van 8.2 sek. en ’n top-end 223 km/h.

Binne het jy nice-to-haves soos die Widescreen Cockpit, wat in die dash ingebou is. Daar is brushed leather en aluminum panels, ’n chunky, solid steering wheel en hope en hope control switches.

Ek het nie van die touch-pad setup op die central console gehou nie (dis nie intuitive nie), en ook nie van daai vrouestem wat jou vra wat sy vir jou kan doen elke keer dat jy “Mercedes” (haar voice command om te activate) hardop sê nie.

Die polished paddle shifters het ook nie sin gemaak nie.

Ek het iewers gelees die Merc is baie gewild onder die gryses en wyses (lees: die oor 60-brigade).

Bogenoemde tech gaan hulle myns insiens oorweldig (dink aan daai paddle shifts en die stem wat uit die bloute met jou begin praat).

Dit het my laat kopkrap, en ek is darem nog nie so oud nie.

Ek dink die rede dat die grys brigade die B200 so like (en ek oorweldigend ook) was die magic carpet ride.

Op pad Riebeek-Kasteel toe – met Ma agter – het die Merc regtig net onverstoorbaar geglide. Selfs in Sport, wat ook nie eintlik sin maak in ’n oumenskar nie.

En jy sit lekker hoog en kyk deur panoramic windows oor die Swartland se vlaktes uit.

Maklikste

En jy het oorgenoeg krag gehad om lorries met gemak verby te blits, sonder dat enige iemand karsiek raak of naarstig na die grab handles gryp.

My ma het gerave oor die kar. En tot my verbasing, ek ook.

Dit was seker die maklikste, mees sorgvrye en praktiese kar wat ek in ’n baie lang tyd bestuur het.

En, ja, daar het jy die storie.

Ek is oud en ek is verlief, op, ’n hearse, van alle dinge ...

  • Albert se Rev Counter: ’n boring, bland en wit maar baie veilige 8 uit 10.

Partykeer moet jy maar dié opsie kies ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters