2 maande gelede
Tyd vir ons heiligdom
TWEEWIEL-aksie: Die bikers hoef nie vir hulself jammer te voel nie. Daar is shootouts vir hulle óók.  ~ 

ONS is mos nou in die middel van die winter. Die kanse is 200% vir Noag se ark om verby te vaar weens ál die water.

Maar niemand gaan hierdie bonkers bliksems stop nie.

Want dis mos nou môre die Independence Day Power Series van Wingfield Motors daar by ons heiligdom genaamd Killarney.

En dié een is special, want ons vier mos nou die Fourth of July saam met die Yanks (Independence Day), al is dit so ’n bietjie laat. Daar is big Yank V8 muscle in baie van die races.

En rain or shine gaan daar soos die Yanks gemaak word. Go big or go home. Want die program is voller as ’n Yank se vet pens.

Daar is die Mike’s Place Clubman Saloons, Burly Pro GTi Challenge, Millstock Classic en Shatterfix Fine Car, V8 Masters en Makita SuperCars, Pirelli Sports en GT Cars, en Formula Libre single-seaters.

En die bikers moet beslis nie uit voel nie.

Daar is drie klasse bike races: Die Powersport formula races, die Clubmans “run wot you brung” series en die RST Superbikes, wat tot 280 km/h kan klok!

Terloops, hulle lap sommer die track binne sowat 70 sekondes. Met ander woorde – hulle breek hier en daar Einstein se teorie van relatiwiteit.

Iemand sê my die Mike’s Place Clubman Saloons het weer die grootste entry field getrek met 43 racers wat gaan meeding. Hier is dit Danie van Niekerk se bonkers Wingfield Motors E36 wat die aandag wil trek.

Daar’s egter ook ’n paar 1.8F Golf 1’s, wat hulle stempel wil afdruk.

En die Burly Pro GTi Challenge is altyd good for a laugh. Hier gaan dit oor relatief evenly matched front-wheel drive VW power. Dié racers gee mekaar nie ’n inch nie.

Dit gee ’n totally nuwe naam aan contact sport.

Die Millstock Classic en Shatterfix Fine Car races sorg ook vir ’n crowded field met 27 entries.

Franco Donadio in sy Harkers Escort kan weer die oë laat rek.

Sy Nemesis wat hom laas keer geklop het, Charles Arton in sy Datsun 240Z, is dié keer nie hier nie.

Maar baie fans kom eintlik vir die V8 Masters met daai big-inch Ford-enjins onder die bonnets.

Dit gaan ook hier oor absolute skill. So, kyk maar uit vir ’n shootout tussen Fabio Tafani, Richard Schreuder en Sean Moore.

Dis ook ’n kwessie van racing skills in die one-make Makita Supercars wat saam met die V8 Masters hardloop.

Moenie vergeet van die Pirelli Sports en GT Cars racing nie, want in hierdie klas lê daardie Killarney lap record van net 66,745 sekondes.

Seisoen

En daai Formula Libre-klas wys jou eintlik hoe F1 op sy honest to goodness glory days was.

Ek weet eintlik té min van die bikes, maar iemand het gesê dat Hayden Jonas en die WP Motors YZF-R1 bike elke RST Suzuki South Superbike race in hierdie seisoen gewen het.

Daar is op die koue dag warm kos vir die hele gesin, sowel as nog warmer live action scenes van die track op verskeie screens.

Die word reeds 07:30 oopgemaak om ál die lekker racing-aksie in te pas.

En vir ál die aksie gaan pa net R80 betaal en boetie onder 16 net R20. Sussie onder 12 kom soos gewoonlik verniet in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters