4 maande gelede
Tyd om aan te pas
keep it real: ’n Regte pas is nie virtual reality nie. Foto’s: albert bakkes  ~ 

MMMM ...

Ek krap hier so ’n bietjie kop.

Is ek net eenvoudig hardekwas en oud en, wel, soos die meeste ou mensies, ’n *ssh*le wanneer dit by alles nuuts kom?

Soos in: “In my tyd het ons 12 myl met die perd deur die sneeu skool toe gegaan. So, hierdie nuwerwetse goed genaamd karre sal nooit werk nie ...”

Ons almal het mos so ’n oom of tannie in die familie, of hoe?

Wel, ek het twee launches die week bygewoon en op elkeen die sogenaamde “influencers” ontmoet.

Ontmoet

Almal bloedjonk, vreeslik entoesiasties oor alles (eintlik gushing oor alles), design­er tats orals (girls and boys), designer-klere en designer bling vir die eerste span.

En Woensdagoggend het ek ’n hele herd, of is dit nou ’n gaggle, of wat ook al die versamelnaam vir ’n groot groep in­fluencers sal wees, ontmoet.

Op die launch van ’n baie, baie !@#$%^ kar, die Hyundai i30 N – Hyundai se challenge vir goed soos die Golf R/GTi.

Nie eintlik ’n kar vir mensies wat nou die dag hulle liksens gekry het nie. Jy moet so ’n bietjie experience hê. En nie van die K53-soort nie ...

Nou, terug by die in­fluencers.

Wat is dié nuwe species?

Ek het self nie geweet nie, but here goes: “A person with the ability to influence potential buyers of a product or ser­vice by promoting or recommending the items on social media,” sê Google.

En dis wat die kinders op launch die hele tyd gedoen het. Op hulle smartphones doenig.

En dis net 24/7 van “Oh my god!” en “It’s sooooooo cute!” (By the way, die i30 N IS NIE CUTE NIE!)

En die selfies! Dis net duckfaces en V signs en die kragies net so, so saam met daai kar.

En ek praat net van die boys hier. Ek het nog nie eens by die girls uitgekom nie.

En ek sweer ’n paar van die arme !@#$%^ is amper doodgery met die gepose, want hulle het in die pad gekom van ander karre.

Dit was soos om aliens te ontmoet.

Gelukkig het hulle die old and the new geskei.

Die “ou manne” het hulle eie driver experience op die track en deur die Boland-passe gehad.

Want ek dink Hyundai se mense het geweet as hierdie maanhaarleeu ’n OMG-mensie saam met hom in die kar gehad het, hy doelgerig van die Franschhoekpas sou afgejaag het net om die marteling te beëindig.

Streep

Terloops, ek verstaan dat karmakers glo dat hierdie nuwe species toegelaat moet word om hulle kar launches by te woon met hulle duisende followers. Dis seker maar the way of the future, met instant info on tap, 24/7.

Hulle is after all “in­fluencers” en kan (miskien) help om karre te verkoop met hulle tweets en grams, of wat ook al.

Maar waar trek jy die streep?

Ek weet nogal so ietsie van karre en bestuur en die hele kultuur rondom alles brandstof.

So, daai influencers sien my sekerlik as ’n one-trick pony, ’n dinosaur in ’n see van unicorns.

Maar as jy elke 50 sekondes blitsvinnige prentjies/texts/quotes/oh my gods kan stuur op jou smart­phone van enige iets van fashion/art/shows/restaurants/en nou kar-launches, wat maak dit nou eintlik regtig van jou?

Iemand gegrond in die werklikheid? Of ’n Jack of all trades, but a master of none?

Onthou, virtual reality is also a thing.

Maar dit help jou nie met ’n regte stuurwiel in jou hande, ’n regte clutch onder die linkervoet, gekoppel aan ’n six-speed clutch deur die twisties van ’n venynige pas nie.

Dis definitief nie GTA nie.

Keep it real, people, soos daai influencers sal sê ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters