Verlede maand
Turksvy-bakkie
LEVEL 5: Dié spesifieke bakkie, die Isuzu D-Max, is steeds ’n ware bakkie, bling en al.  ~ Albert Bakkes

EN NOU moet ek oor ’n bakkie skryf. Dalk my least favourite klas voertuig op die pad.

My gevoelens jeens dié (on)diere is welbekend. Eintlik nie jeens bakkies self nie, maar eerder hul bestuurders.

Ek sweer, 99% van hulle koop ’n bakkie en gebruik dit glad nie waarvoor dit oorspronklik bedoel is nie.

Hulle is lankal nie meer werkesels wat in hul natural habitat boer nie.

Hier in my dorp agter die Boereworsgordyn is hulle uit en uit statussimboe en lifestyle-speelgoed.

Simbole en speelgoed wat heeltemal te lomp en heeltemal te groot is. En almal met die draai­radius van ’n ossewa.

Manufacturers belowe jou hulle produk sal jou Everest uit kan neem. Maar is daar ’n Everest van ’n dag oud in my valley?

En obviously kan ’n mens die goed nie geparkeer kry nie.

Maar dit was in die goeie ou dae van congestion, frustrasie agter die stuur, ’n vol kan Black Label innie hand, ’n tjop oppie vuur, ’n paycheck innie pos ...

Maar ons lewe nou in ’n brave new world. Ontmoet die 3F-Isuzu D-Max LX double cab manual 4x4 met common rail turbodiesel tech onder daai tamaai bonnet.

Daai 16-valve, 4-pot is good to go vir 130 kW krag en 380 Nm torque (wat jy al kry tussen ’n baie lae 1 800 rpm en 2 800 rpm vir hope en hope low-down grunt – en dís mos wat saak maak in bakkiewêreld).

Druk

Anders as die Isuzu’s waarmee ek grootgeword het, het dié bakkie nice-to-haves soos ’n 4WD transfer case (wat jy sommer met die flick van ’n dial op die transfer tunnel kan switch).

OU RYPERD: Die D-Max is die bakkie wat ek nodig gehad het in hierdie apocalyptic world.

Praat van on the fly, die diff kan jy in die ry tot 100 km/h engage met die druk van ’n knoppie. Niks meer van daai ancient gebruik van stop, uitklim, die lockdown hubs op die voorste wiele draai, weer inklim en dan eers wegtrek nie.

En daar ook ander nice-to-haves. Daar’s die LED day­time running lights in die headlights, die hele alphabet soup van safety features (en airbags vir Afrika), glitzy metaalafwerkings en 18-duim rims, metallic paint job en ’n rear view-kamera. Nie dat dié opsioneel is nie. Jy het hom definitief nodig om met daai tamaai load box van 1 485 mm lank, 1 535 mm wyd en 470 mm diep te reverse.

Geleef

En op die oog af lyk hierdie ding dus soos net nog ’n yummy mummy wagon vir die school run. Maar sonder om chauvinisties te wees: Daai stram-prammetjie-mammies op die school run is vir my van die vrotste bestuurders op die pad.

Maar nadat ek langer as ’n maand met die blou gedoente geleef het in dié verskriklike tyd toe die dorp gelyk het soos ’n set in The Walking Dead, het ek besef die Isuzu (met al sy bling) is eintlik ancient.

Want behalwe dat jy nie meer hoef uit te klim om enige iets te engage vir die rough stuff nie, weet jy en voel jy die suspension bestaan uit ’n coil-over setup voor en leaf­ springs agter (gelukkig darem nou met twin-tube gas pressure shocks).

En daai dieselmeul klink wel soos ’n Isuzu móét: lekker grof.

En jy sit vrek hoog, want ground clearance is 220 mm. met ’n wading depth van 600 mm en ’n approach angle­ van 30 ° en 22,7 ° vir die departure.

LEKKER PLEK: Die cabin het al die nice-to-haves.

Dis steeds ’n bakkie dié, want die turning circle vir die wiele is klaar 12,8 m. Maar die hele tamaai body moet draai. Dis ’n volle 13,5 m.

Oh, and did I mention the weight? Hy weeg 3,1 ton.

Lyk soos bling, maar is nie.

Dié Isuzu het dit reggekry om nie sy working class roots weg te bliksem nie.

Onder die vel is dit nog ’n Isuzu. Bulletproof.

En in ’n apocalyptic world is dit gerusstellend om te weet dat jy nie in ’n Wonderbra van ’n bakkie ry wanneer die zombies kom nie ...

Ek het fisiek gehuil toe ek hom in vlak 4 moes teruggee.

Want die D-Max is ’n vlak 5-kar.

Albert se Rev Counter: ’n Don’t-ever-change-9 uit 10. You’ve got soul.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters