2 maande gelede
Toyota se Prado is spiekeries
daai oomblik: Die Toyota Land Cruiser Prado. Ek het die reënboog uiteindelik raakgesien.  ~ 

EN NOU gryp ek my eie rule book, skeur dit op en gooi die as by die venster uit.

Want ek hou van ’n Toyota. En ek is werklik nie ’n brand fan nie.

Nee, ek hóú nie van die spesifieke Toyota nie. Ek is mal daaroor. Go figure, nè?

En julle wéét hoe ek oor SUVs voel. Veral die heel grotes in die stad.

Lomp, lui, stupid. En behalwe dat jy die f*kk*n goed nooit geparkeer kan kry nie, suip hulle meer voggies as die average alkie wat ’n drankwinkel besit.

En ek hóú nie net van dié SUV nie, ek is mal oor hom!

Ontmoet die nuwe Prado VX-L. Dis deel van die legendariese Land Cruiser clan – net mooi gemaak vir die stad.

butch: In die klas is die Prado definitief nie die mooiste nie, daai LED lights ten spyt.
spasie: En daar is plek vir ’n derde ry seats in die boot.
lux: En natuurlik is daar leather trim oral.
understated: Gelukkig het Toyota nie bos gegaan met daai faux wood trim nie.
daai oomblik: Die Toyota Land Cruiser Prado. Ek het die reënboog uiteindelik raakgesien.
duel purpose: Die Prado is nét so tuis op ’n grondpad in die reën as in die stad. Foto’s: albert bakkes
rats: Sy tamaai size ten spyt is die Prado eintlik pretty nimble vir so ’n groot kar.
slim: Hy het ’n hele paar party tricks soos ’n ride height van 21.5 cm en ’n wading depth van 70 cm. Maar jy kan sy ride height stel met die draai van ’n dial.
legend: En dis ’n legendariese Land Cruiser for f*ck sakes. Bulletproof.
tech: Jy kan alles stel met die draai van ’n dial en die druk van ’n knoppie.

Verander

Kom ons begin eers by die nuts and bolts van die Prado. Daar is ’n tamaai 4 liter-V6-24V- DOHC, Dual VVT-I petrolenjin onder die bonnet.

Dié is gekoppel aan ’n sesspoed-autobox (wat selfs stadsverkeer ’n relatiewe breeze maak). Hier praat ons van ’n stewige 202 kW krag teen 5 600 r.p.m. en 381 Nm torque teen 4 400 r.p.m. – sommer hope grunt.

Die tamaai ding weeg 2,3 ton, maar sy dash time is 10.something sekondes, met ’n topspoed van 175 km/h!

Terloops, in my Prado was daar Eco, Comfort, Sport, en Sport+ drive settings wat goed soos die suspension, engine mapping en ride height verander met die draai van ’n dial of die druk van ’n knoppie.

En hy is f*kk*n groot, met ’n lengte van net oor die 5 m, ’n breedte van net oor die 1,8 m en sy hoogte omtrent dieselfde.

Maar, en ’n baie groot maar, die Prado kom baie nimble voor, met ’n draai radius van net 5,8 m (al is sy ground clearance 21,5 cm en sy wading depth 70 cm). Selfs in die stad!

En die magic hou nie op nie. Akkers en akkers leer. Heated seats (drie rye, terloops). Individual climate control, agter ook. Electronic everything met ’n sat nav/car setup/connecti­vity/infotainment combo as standaard, met sy eie touch screen in die dash.

Knoppies

Dan is daar die trim. Dankie tog Toyota het nie dié keer weer bos gegaan met die faux wood trim nie.

Heeltemal understated vir die brand.

Ja, ek kan bitch dat alles ’n bietjie besig lyk.

Maar as jy so ’n bietjie jou tyd vat om ál die dials, knoppies en settings uit te figure en die onboard computer te leer ken, is alles logies.

En, ja, in terme van ander gediertes in dié klas (here I’m looking at you, Jaguar en Range Rover) is die Prado definitief nie mooi nie, eerder baie butch en macho, die LED lights ten spyt.

Maar, en hier is nóg ’n groot maar: Dis ’n f*kk*n Land Cruiser dié. Met ander woorde, bulletproof. In die bundus ook.

O, en die ding móét petrol suip asof dit uit die mode gaan, of hoe? Maar hoekom, met die inklimslag, het ek uitgevind hy het ’n range van meer as 1 200 km?

O, want hy het ’n primary tenk van 87 liter en ’n secondary tenk van 63 liter.

So, die soveelste keer moet ek my hoed opvreet en mea culpa vra as dit by dié spesifieke tamaai SUV kom. Ek verstaan hoekom ek so baie Prado’s, oud en jonk, op die paaie gesien het.

Owners het lankal iets geweet wat ek nie geweet het nie of my neus voor opgetrek het.

Alle grappies op ’n stokkie: Soos ek gesê het, as die zombie apocalypse kom, is die Prado die wa om in te survive.

  • Albert se Rev Count­er: ’n Ek-het-die- reën­boog-gesien-oomblik 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters