2 maande gelede
KYK: Toyota se nuwe Rav4 'n nice kar, maar...

EK MOES mos nou al ’n paar keer op my swaard val, verskoning vra en my hoed opvreet.

Deur, soos die res van ons ou volkie, te erken dat Toyota eintlik deesdae wegbeweeg het van die goeie maar bland, boring produkte, en nou (hier en daar), excit­ing karre bou.

Die nuwe Corolla hatch van ’n paar weke gelede is een.

Ontmoet nou die nuwe RAV4. Die top of the range VX met ’n naturally aspirated 2,5?F-petrolenjin. Hy skop 152?kW uit en lewer 243 Nm torque­.

In die vyfde generasie is daar ook vyf modelle beskikbaar. Die GX front-en­gined front-wheel drive, die baba in die line up, het ’n 2?F-enjin (127 kW krag en 203 Nm torque), wat óf ’n sesspoed manual box óf ’n CVT setup aandryf. Die GX-R – soos my toetskar – het Toyota se all-wheel drive setup met dynamic torque vectoring.

In dié een is daar knoppies vir Eco, Comfort, of Sport. Jy kan ook die ride aanpas by die padoppervlak (kies uit Snow, Rock & Dirt en Mud & Sand).

Die nuwe RAV4 is steeds nie ’n balls-to-the-wall offroader nie, maar dit kan darem die meeste van ons gravel en tersiêre paaie hanteer. Heel gemaklik, dankie.

En kyk so ’n bietjie na die design lan­guage van die VX wat so op sy blingy 19-duimers pronk.

As dié RAV4 nie sy inner Lexus channel nie, dan weet ek nie. Hoekige lyne en skerp kepe maak dit ’n dramatiese cross-dresser.

Dis nie ’n slegte ding in ’n segment waar die meeste crossovers verlore kan raak in ’n reusagtige parking lot waar een soft­roader ál hoe meer soos die ander begin te lyk. Maar nou ja, form follows func­tion, nè?

Binne het jy leer trim, soft touch-materiaal oral, hope ruimte vir die passasiers agter, ’n electrical seat vir die bestuurder, ’n seat warming function voor, ’n chunky stuurwiel vol controls, cli­mate control, ’n infotainment/connectivity combo met sy eie touchscreen (sonder sat nav, ongelukkig, maar jy het mos ’n smartphone) en ’n tamaai boot (492?l).

Safety features sluit in ’n tru-kamera en surround view-kameras en ’n hele alfabetsop te danke aan die Toyota Safety Sense setup, met ACC, LDA, BSM en PCS.

Twisties

Met die revised agspoed auto box, is die RAV4 eintlik ’n breeze om te bestuur, en daar’s nie veel van daai karsiekmakende body roll in die twisties te bespeur nie.

So, daar seg ek dit nou. Ek hou van die Toyota.

Dis ’n gehalteproduk.

Full disclosure, ek het ’n historiese band met die RAV4.

My voormalige skoonpa het jare lank een gehad en ek dink hy’t nou weer die vorige generasie.

Almal weet hoe daai train smash van ’n huwelik uitgedraai het?... Maar dit was nie die kar se skuld nie.

So, ek wou die RAV4 ’n baie goeie punt gegee het.

Totdat ek na die VX se prys gaan kyk het.

En ’n double take moes doen, want amper R578?000 is nie peanuts nie.

To die funky RAV4 in die 1990’s hier aangekom het, was dit eintlik die eerste wa wat die hele cross-dresser market afgeskop het.

Arm

Dit was ’n gesinsmotor wat so bietjie kon gravel travel. ’n Relatief goedkoop speelding/statement op wiele/soft­roader. Die arm man se 4X4. Genius!

Maar nou is daai prys glad nie meer vir ’n arm man se sak nie.

Albert se Rev Count­er: ’n Damn-goeie-crossdresser-met-’n-oogrekkende-price-tag 7 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters