2 maande gelede
XR is prettig

EN, JA, toe kry ek die nuwe Toyota Corolla.

Julle weet hoe ek oor dié badge en die model voel.

Terloops, die Corolla hatch was jare lank as die RunX en later die Auris bekend. Maar Toyota het besluit om terug te keer na sy Corolla roots (van meer as vier dekades hier).

So, ontmoet nou die top of the range XR.

Kopgekrap

En toe ek die write-ups van mede-journos lees, het die ouens en vroue omtrent gerave oor dié kar.

So, ek het ietwat uitgesien na waaroor al die hoo-hah nou eintlik gaan.

Op dag 1 het ek kopgekrap. Want ja, die design language maak dit sekerlik een van die mees striking, nie net vir ’n Toyota nie, maar in die hele segment.

Ja, die interior is beautiful en light years beter as ouer Corollas.

En, ja, die ding handle nogal baie nice.

Maar, en dis ’n groot maar, ek het weer ietwat teleurgesteld gevoel. En dis nie ’n nuwe gevoel met dié brand of die Corolla moniker nie.

Dis weer eens net ’n tool van punt A na punt B. Ek het werklik nie geweet waaroor almal so rave nie.

Die 1,2 Fliter turbo petrol unit onder die (mooi) bonnet het maar wel soos ’n lightweight gevoel. Ek moes ook behoorlik daai sesspoed manual box maal om enige iets uit die ding te kry. (Terloops, daar is ook ’n tienspoed CVT).

Maar ek is mos ’n macho man. En macho mans het nie die tyd of die geduld om ’n manual te lees nie. Macho mans klim net in en ry.

Spoeg

Ons kyk ook nie na die knoppies,toets die funksies en vergewis ons van al die feite nie.

Teen dag 3 was ek maar net nog ’n frustrat­ed journo. Ek spoeg allerhande !@#$%^ op die video’s vir social media.

Totdat my liewe ma (83), met ’n vroulike perspektief, my op daai dag vra waarvoor daai knoppie genaamd “iMT” voor die shifter stick is.

Ek het toe nie ’n clue nie, maar ek druk hom maar toe diep in.

Holy !@#$%^! Toe verander die karakter van die kar heeltemal en maak daai sporty design language heeltemal sense.

Want wat daai magic knoppie genaamd Intelligent Manual Transmis­sion is nogal regtig special.

Kom ek probeer verduidelik. Sê nou maar jy gooi die shifter uit sesde en slam dit in derde, dan rev-match die computer die revs onmiddellik hoër as wat dit in sesde sou gewees het.

So, die power is binne nano seconds daar (dit geld ook andersom van sê nou maar vierde na sesde).

Oorskiet

Dis ’n uitvloeisel van racing mechanics/technics. Dink heel-toe driving styles om die revs te match. Dit is sodat daar nie so ’n jerk uit die shifter kom terwyl die kar vir die regte revs hunt nie, wat die kar kan unsettle.

Nou voel die 1,2 F-enjin ook heeltemal anders (dink speels en happy), al klink sy 85 kW krag en 186 Nm torque @#$%^ op papier.

Ek moes teruggaan na die drawing board en al my video’s oorskiet. En my hoed opvreet (my eie toedoen) en op my eie swaard val.

Want nou is die Toyota fun. Dis nie noodwendig ’n woord wat jy nogal met dié brand assosieer nie.

Tot my ma, wat ook glad nie ’n brand ambassador is nie, het van die Corolla XR begin hou.

Sy het dit even classy genoem. Seker die beste acco­lade wat sy vir ’n kar kan gee, want sy is ’n classy lady.

Om op te som: As ek die twee woorde “fun” en “classy” in een sin oor ’n kar noem, dan beteken dit daai kar het ’n siel.

’n Toyota met ’n siel? Go figure.

 Albert se Rev Counter: ’n Corolla vir jong mense of vir die young at heart – 8 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters