2 maande gelede
Top-10-lys rock
NOMMER 1: Kan jy dit glo? Die nuwe Suzuki Jimny 4X4 is king of the hill. Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

ONDANKS my gat­hangery het ek dit darem reggekry om net hier voor Krismis vir julle my top-10 hit list te bring.

Die lys van unbelievable karre was verstommend lank en ek moes in baie plekke kopkrap.

En jy sal verbaas wees wat numero uno op my lys is.

Enjoy!

En wees veilig op die pad en geniet Krismis. 

NOMMER 10: Die enjin van die Renault Megane R.S. het ’n relatiewe klein verplasing. Maar as jy die happy pedal in Race mode diep intrap, dan klink dit soos ’n trop wolwe wat op jou gat sit. Happiness for days.
NOMMER 9: Wat om te sê van die Bentley Bentayga? Die landskip was bonkers in die twisties met my dogter, Mila. En die experience maak die ding spesiaal in my hart.
NOMMER 8: Die Honda Civic Type-R is nie net ’n one-track trick nie, maar ’n leefbare hyper hatch.
NOMMER 7: Jô, kyk net na die styling van hierdie sexy Jaguar F-Type!
NOMMER 1: Kan jy dit glo? Die nuwe Suzuki Jimny 4X4 is king of the hill. Foto’s: ALBERT BAKKES
NOMMER 2: Die Porsche 718 GTS is so verstommend en fantasties dat ek gevra het hoekom jy eers moet kyk na die groter (en baie duurder) boetie, die 911.
NOMMER 3: Ja, ek weet dis nóg ’n Suzuki. Maar jy gaan lank soek na meer bang vir jou buck as die nuwe Swift. En, nee, Suzuki gee my niks nie. Ek weet nou net hoekom hulle weereens as die brand of the year aangewys is.
NOMMER 4: Die Volvo XC60 is ’n study in sublimeness. Wat meer wil jy hê? En ek hou nie eens van SUV/cross-dressers nie!
NOMMER 5: Die nuwe Datsun Go is ook ’n absolute eye-opener. Hy het nie net nou ’n klomp safety features nie, maar is ook hope fun om te bestuur. En dit gaan jou ’n hanteerbare R2 000 per maand kos.
NOMMER 6: Die nuwe Hyundai Santa Fe is ’n tragic hero, want jy het ’n verstommend goeie SUV propvol tech vir ’n baie laer prys as dié van die Germane. En almal hier gaan weer net hardloop vir die Duitsers.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters