2 maande gelede
Tinter blink uit
DESKUNDIGE: John-Ross Arendse het ’n derde plek losgeslaan in ’n internasionale tint-off kompetisie waar hy baie ander experts uitgestof het.FOTO verskaf  ~ 

AS JY ’n ware petrolkop is, sal jy weet wat ’n tint-off is.

Basies sit jy ’n film oor ’n karvenster.

Dis moerse gewild, maar ook omtrent ’n science uit eie reg, want jy moet presies weet wat jy doen.

Julle het tog al almal daai krom en skewe jobbies gesien vol bubbles, of hoe?

Daarom is ek bly ’n local boytjie en tinting expert het oorsee groot gegaan.

John-Ross Arendse (32) van Atlantis het derde gekom by die inter­nasionale Tint-Off-kompetisie in San Antonio, Texas.

Dit is ’n eerste vir Suid-Afrika. Die ou het nie met die prys weggestap teen net een of ander Yank nie, maar teen ’n hele paar experts van oor die wêreld heen.

Arendse se deelname aan die internasionale event was deel van sy prys nadat hy die titel as beste tinter in die heel eerste LLumar SA Window Film Tint-Off Competion aan die begin van September verower het.

Arendse was omtrent verstom: “Wow! Ek is regtig trots op die achievement. Ek het die eerste plek in Suid-Afrika gewen en nou die derde plek in die wêreld – als sommer in dieselfde jaar!”

Jimmy Herron van LLumar Film SA sê Arendse kan baie trots wees op wat hy gedoen het, want hulle het geweet die internasionale event gaan baie taai wees, veral omdat dit sy eerste deelname aan ’n nasionale kompetisie sou wees.

Charlton Fredericks, bestuurder van die fitment centre by Barons VW by N1 City sê Arendse het hulle op die map gesit en gewys ons land het hope talent. Hulle is baie trots op hom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters