7 maande gelede
Talle checks op jou kar is noodsaaklik
CHECK LIST: Die wipers is maar net een ding wat jy moet nagaan voor daai moerse road trip.  ~ practicalmotoring.au

JA, DIS nog ’n rukkie voordat die mal seisoen met almal op die pad begin. So, dit gee jou tyd om jou kar te prep vir die vakansie se road­ trip.

Die National Automo­bile Dealers’ Association (Nada) gee die volgende raad.

Hy raai aan jy prebook jou kar by ’n dealership voordat alles mal raak, want dan gaan die workshops ook propvol wees.

Natuurlik moet jy jou brake­ pads laat check.

Bandgroewe

Enige squeak of skraapklanke van die brieke is ’n dead giveaway dat die pads vervang moet word. Laat ’n gekwalifiseerde mechanic dit doen.

En hoe lyk jou tyres? Is daar darem ’n vuurhoutjiekop se diepte in die bandgroewe?

O, en baie mense vergeet die essentials: Is jou wheel spanners, jack en spaarwiel­ in die boot? En hoe lyk daai spaarwiel? Is hy opgepomp?

Check ook sommer die tyre pressure van ál vier bande.

En hoe lyk jou kar se ligte? Werk die headlights, tail lights, rem- en flikkerligte als 100%? Gaan check sommer vanaand.

Onthou, replacement globes vir baie karre kos minder as R10.

En werk jou battery optimaal? Onthou, ’n nuwe battery kos waarskynlik minder as die bedrag vir ’n tow truck in die middel van die Karoo.

Oukei, nou sit jy in die Karoo. Maar uit die bloute is daar ’n wolkbreuk.

Hoe lyk jou wipers?

Toets dit met jou tuinslang. As dit nie die water heeltemal wegvee nie, moet jy maar nuwe rubber strips insit.

En laat jou dealer sommer ál die fluids, soos olievlakke, brake fluid, coolant, power steering fluid en jou ruitskoon­maker se vlak check.

En hou daai nommer vir roadside assistance in die kar as jy hom moet bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters