Verlede maand
Swift se ‘frisser’
deziree: Suzuki se DZire is die sedan-sussie van sy oulike Swift. Foto’s: albert bakkes  ~ 

KOM ek vertel jou die verhaal van twee susters.

’n Tweeling, om presies te wees.

Die ma, Suzuki, het die een suster Swift gedoop.

Sy is daai gimnas op hoërskool.

Sy is nie vreeslik vinnig nie, maar eerder vrek rats. Vandaar die gimnas met die oulike en perfekte lyfie.

En vandaar my naam vir haar – Suzi.

Sy is vrek gewild onder die ander girls sowel as die seuns.

Gevoelens

Die ander suster het die ma DZire gedoop.

F*k weet hoekom, want sy maak allerhande gevoelens wakker, maar miskien nie heeltemal desire nie ...

Daarom noem ek haar sommer Deziree. Want sy ís ’n Deziree.

Kyk na die foto’s van haar. Ietwat mollig (kyk die gat) met daai ogies soos ’n fonteinpaddatjie.

Nie baie mooi nie, nè?

Maar sy is die praktiese een. Die een wat uitblink in die kombuis en met skoolwerk.

Want sy het after all ’n werkbare boot wat 378 liter kan sluk (met ’n 15 duim spare, onthou).

Haar sussie se gat het spasie vir ’n hamster.

Maar omdat hulle eintlik ’n tweeling is, klop hulle harte dieselfde.

Daar is ’n naturally aspirated 1.2 liter- viersilinder- 16 valve multiport injection petrol unit onder die bonnet.

Good to go vir 61 kW krag en 113 Nm torque, wat in die real world ’n dash time van 11.7 sekondes en ’n top end van 175 km/h be­teken.

Eintlik vrek goeie syfers in die oorvol sub-B segment.

Deziree rus op ’n suspension setup bestaande uit ’n MacPherson strut met ’n coil spring voor en ’n torsion beam met ’n coil spring agter.

En haar looks ten spyt weeg Deziree nogal ver onder ’n ton.

En dan is daar daai wonderlike vyfspoed- manual wat jy ordentlik kan maal (nes Deziree deeg in die kombuis kan knie).

En so tussen die gewig, die wakker suspension setup (op haar 15-duimers) en die gear box, magic happens.

Soos julle weet, is Suzi miskien werklik my favourite karretjie in ’n klas wat ver onder die R200 000 kos (veral die nuwe een wat vroeër vanjaar uitgekom het).

Maar ek het rêrig opgesien daarteen om haar suster te bestuur.

Ek meen, kyk net daai looks.

En Suzuki het self erken hulle fokus Deziree eintlik op die rental market.

En toe ek die eerste keer so rondom die lomperige design language stap, toe dink ek by myself ek gaan ’n kak week hê.

Maar teen dag 3 het Deziree onder my vel geklim.

Nee, steeds nie mooi nie, maar sy het soveel deugde: gemaklike seats, werklike spasie agter (dat ek agter myself kon sit), ’n hele alfabetsop safety features, airbags, connectivity/entertainment en selfs air con vir die mense agter (iets wat jy nie maklik in dié segment kry nie) dat sy my begin oortuig het.

Want nes haar sussie is sy ’n absolute hoot om te bestuur.

Koeke

En dan natuurlik die grootste selling point, wat haar leliker maak as haar mooi, vaartbelynde sussie: haar boot.

Ek sal die eerste een wees wat sê ek verkies steeds haar sussie.

Want ek hoef nie meer prams, doeksakke of koeke rond te karwei nie.

Maar as jy prams, doeksakke of koeke moet vervoer – as ’n first- timer met ’n baba of ’n old-timer wat wil afskaal – moet Deziree asseblief nie vergeet nie.

  • Albert se Rev Count­er: ’n Funny looking maar uiters fun (en praktiese) 8 uit 10.

(Terloops, die starting price is R162 000 en ’n five year/200 000 km warranty is ingesluit.)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters