2 maande gelede
Suzuki se nuwe Jimny het 'n siel

KOM ek begin by die olifant in die kamer wanneer dit by die fourth generation Suzuki Jimny GLX kom.

Daar is regtig geen space nie. Die karretjie is after all net ’n fraks meer as 3,6 m lank (bumber to bumper), net ’n bietjie meer as 1,6 m breed en net ’n fraks oor 1,7 m hoog (wat hom laer maak as wat ek lank is).

Landmyn

Dit maak vir ’n boot, wat, wel, nie eintlik ’n boot is as jy die agterdeur oopswaai nie. Dit kan net 86 liter sluk – met ander woorde, basies net ’n hamster. So, jy moet die twee agterste seats heeltemal afslaan om pakplek te kry.

En as jy ’n kind agterin moet boender, moet jy ten minste een seat opslaan, dan moet jy haar eers oor ’n landmyn laat hardloop om haar te maak pas, as jy verstaan wat ek bedoel.

En dan is daar die 1,5 liter naturally aspirated enjin onder die klein bonnet. Beter as die 1.3 liter petrol unit in die vorige gen, maar ook net good to go vir 75 kW krag (teen 6 000r/min.) en 130 Nm torque (teen 4 000 r/min.). Nou nie earth­shat­ter­ing performance figures nie.

Dink maar dus teoreties aan 0 tot 100 in terme van geological terms.

En die petroltenkie, soos die res van die karretjie, is klein (net 40 liter). So, die reach-afstande is ook maar nie te ver nie.

Ook rus die hele suspension op 15 duim-wieletjies.

En gepraat van die suspension setup: Dis ook nie die most advanced nie, want dit bestaan uit ’n 3-link rigid axle met coil springs voor en agter.

En dan moet ons praat van die drum brakes­ voor en agter.

En dan is daar die ander olifant in die kamer. Hoekom is daar ’n waiting period veel groter as enige olifant vir die dingetjie? Meer as 18 maande, om presies te wees.

Wel, ek wéét hoekom ...

Want as jy gedink het ek het die dingetjie in sy moer geskryf, moet jy weer dink.

As die waglys só lank is, moet jy weet daar is iets baie, baie, baie special aan die bliksempie.

Miskien het dit iets te doen met die feit dat hy een van die beste 4x4’s ooit is. Die vorige gen (wat twee dekades lank as ’n proven success story gebou is) het oor en oor en óór bewys dat die dingetjie op plekke kon kom waar geen ander 4x4 wou of kon nie.

Want hy weeg net ’n fraksie oor ’n ton (moerse lig) en staan met ’n tamaai 21 cm ground clearance in sy sokkies, en omdat sy wieletjies basies op sy hoeke sit, is sy approach en departure angle uit enige sloot uit best in class.

En daai op die oog af an­cient suspension setup?

Wel, dit ry ligjare beter as die vorige gen op die teer (die sterker enjin help ook hier), maar dit verkoop nie die ideals­ van hoekom die Jimny bestaan nie. True offroading vir die eerste span.

En waarop ek verlief is, is die throwback na die Jimny se ontstaan. Die shifter vir 4H en 4L activate jy met ’n tweede shifter soos van ouds en nie meer met ’n switch gear op die dash nie.

En gepraat van retro: Kyk daai amazing throwback retro design language. Die vorige gen was gewild onder veral die girls, maar die butch mannetjie sal enige, wel, butch mannetjie se hart ook steel.

En geworry oor alles wat so klein is? Man, kry dan vir jou ’n roofrack vir jou luggage (daar is Suzuki approved accessories) en Jerry cans vir jou petrol as jy worry op die langpad.

Ja, en in dié een kan jy die langpad vat sonder om moeg te raak (beter suspen­sion).

Dear looooooooooord! As ek nou R305 000 gehad het, sou ek ál my influence met daai company gebruik het om voor in te druk op die waiting list.

Gesog

Maar jy kan sommer kyk na die GA-opsie met daai ysterwieletjies. Joune vir net R270 000.

Beslis die beste investment wat mens in ’n lang tyd sal maak. Want die goed is só gesog dat niemand hulle wil verkoop nie.

Die Jimny het ’n siel.

Albert se Rev Count­er, ’n soulful 11 uit 10.

Jy het reg gelees ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters