Verlede maand
Suzuki getrain, al is hy klein
NODDY CAR: Ontmoet die Suzuki S-Presso. Die company het dit wraggies wéér gedoen.  ~ Albert Bakkes

DISCLAIMER: Suzuki het my niks gegee nie en sal my nooit iets gee nie.

Inteendeel, ek het hulle al só afgepis, hulle het in ’n stadium geweier om vir my karre te gee.

Waar om te begin?

Terloops, dis so lekker om iets op papier neer te pen wat al dae lank in jou kop rondskud.

Suzuki het dit wéér gedoen. Weird naam, weird en wonderlike kar(retjie).

As ander vervaardigers net kan leer hoe om dié magic vas te vang.

Alles aan hierdie koddige dingetjie is klein.

Ontmoet die splinter­nuwe S-Presso (ja, weird naam; hulle kan selfs nie dié tipe koffie reg spel nie).

En met klein meen ek piepklein, van die dimen­sies tot die wieletjies, van die draairadius tot die gewig, die prys en, wel, die enjintjie.

Kom ons begin sommer by die enjintjie van dié Noddy car.

Onder daai koddige neusie sit ’n 1l-enjintjie. Good to go vir 50 kW krag en 90 Nm torque. Met ander woorde – hy’t nie veel op papier nie.

Maar dan: Die bore & stroke (mm) is 73 x 79,5. So, jy sit met ’n tamaai compression ratio van 11.

En tweedens is daar ’n turbo (huh?).

Veld

En derdens weeg die dingetjie net 750 kg vir die manual wat ek bestuur het.

Ek sê mos – piepklein.

Die Marie Biscuits is 14-duimers. En niks fancy bling rims wat jy kan krap as jy dit sou durf waag om op ’n veld te gaan hardloop nie.

Plain steel wheels met doppies op. En die full size spaarwiel ook.

En dan kom ons my die dimensions: Dis ’n fraks oor die 3,5 m lank, ’n hupsie oor die 1,5 m hoog en ’n oeps oor die 1,5 m wyd.

Wat jou die turning circle van 3,5 m gee op sy ground clearance van 180 mm.

My vriend Ian Loubser, die agent wat die koddige dingetjie vir ’n week vir my gegee het, het sy vloot S-Pressos gaan “inry” om myle op die klok te sit.

In een dorpie het ’n tannie eers die karretjies gestop, want sy wou eers kyk na die “Lego”-karretjies.

Ek kon dit self nie beter gestel het nie.

Ek meen, kyk daai tippy-toe stance op die verspotte wieletjies, want die dingetjie het aspirations om ’n crossdresser te wees. Daai regop design language, daai smiley face met die uitpeulogies van ’n fonteinpaddatjie, wat net sy ma kan liefhê.

Woeker

En nes met klein, koddige goedjies, klim dit in ’n ma se hart in.

Ek sweer, anders as met enige ander toetskar vanjaar het ek elke verskoning gesoek om die dingetjie soos ’n favourite baadjie aan te trek en vir ’n spin te gaan.

Omdat alles omtrent op jou skoot gebeur en alles soos warp speed voel (70 km/h voel soos 170) en die Singer-enjintjie woeker en spoeg en poep en howl onder die bonnet en die vyfspoed net die regte gear vs. rev ratio het, voel dit asof jy op speed is. Maar dis elke keer ’n goeie trip. Eerder te veel good espresso as bad chemicals.

Daar is ’n paar goed wat tamaai is aan dié karretjie: Die kajuit is verbasend ruim. Ek kon selfs agter myself sit.

Die lys nice-to-haves is lank, soos die connectivity/infotainment system met sy eie touch screen wat jy kan mirror, en lang lys safety features (dink airbags en die alfabetsop van afkortings).

En dan, die grootste? Die kar se ballsiness en hart van ’n leeu. Of is dit nou ’n sit-up-and-beg worshond?

En die prys: Dit begin by ’n piepklein R135 000. En myne, die GL met ’n S (miskien vir speed?), ’n “allemintige” R147 900.

Sien, inexpensive hoef nie nasty of dreary te wees nie.

Albert se Rev Counter: ’n Top-Ten-Hitlist-can­didate-on-all-levels 11 uit 10. Die !@#$%^ het dit wéér gedoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters