3 dae gelede
Sportage dalk té old school
splinternuut: Die nuwe Kia Sportage GDI. Op baie vlakke old school. Maar ek was fine dáármee. Foto’s: albert bakkes  ~ 

ONTMOET die nuwe Kia Sportage.

Ek dink dis Kia se antwoord op sy sibling, Hyundai se briljante Tucson. En die massas dink ook so, want daai crossdresser verkoop soos soetkoek.

Hy is so pas gelaunch in time vir die feestyd.

Ek het die beskeie base­line GDI (Gasoline Direct Injection) Ignite gekry.

En ek was heeltemal fine daarmee. Want baiekeer gooi hulle alles en die kitchen sink in, veral met SUV’s, en dan raak mens amper oorweldig met ál die controls en screens en sub-menus en electronic dit en electronic dat.

Daar was byvoorbeeld nie ’n tamaai connectivity/satnav/infotainment combo met sy eie moerse touch screen nie, maar net ’n eenvoudige radio/connectivity setup met so ’n klein monochrome screentjie.

Baie old school, maar dit was fine, want hierdie ou kon ten minste by sy radiostasie uitkom sonder om verlore te raak in ál die sub-menus.

Gevroetel

En ek kon warm bly in die reën en koel bly in die sonskyn. Want daar was baie eenvoudige, regte knoppies om te druk en te draai om die aircon te stel.

Ek weet dis manual, ja, maar het jy al op ’n snikhete dag ’n halfuur in ’n hell box gesit en gevroetel deur die sub-menus op die touch screen, net om jou aircon te vind en te activate? (Volvo, ek kyk vir jóú.)

En dankie tog daar was nie leer van ’n dag oud nie (behalwe op die multifunction steering wheel).

Leer is die stupidste ding op aarde in ’n kar in Afrika.

Veral in swart, en veral in die somer. Jy durf nie ná ’n lang dag inklim nie – veral nie in shorts nie, want jy gaan jou balhare skroei terwyl jy sukkel met die sub-menus.

Daar is lekker gemaklike fabric covers vir die manually adjustable seats, (dankie ook, want dis net nóg iets electric wat nie kan breek nie).

Daar is ook ’n bruikbare boot van 466 F.

En ’n beskeie, maar betroubare naturally aspirated 16 valve 1.6 F-enjin (minus turbo – natuurlik net nóg ’n ding wat kan breek) – good to go vir 97 kW krag en 161 Nm torque.

In die real world beteken dit ’n dash time van 12.3 sekondes en ’n topspoed van 170 km/h.

Meh, nè? Maar soos ek op die cover sê: Jy is net so vinnig soos die stadigste Tazz op die pad.

En dis front wheel drive (nóg minder goed wat dalk kan breek). En die Sportage se suspension setup bestaan uit ’n MacPherson strut system voor en ’n Multi Link system agter. So, dit soak die meeste bumps op die pad op.

En dan is daar natuurlik die hele alphabet soup van safety features, soos ABS, DBC, ESC en HAC.

En airbags en ISOFIX hookups vir jou kiddy seats.

En hy is ’n handsome beast (projecting sy inner Porsche Macan style, miskien?) So, what is not to like? Dis pynlik om te sê, maar daar is ’n paar goed.

Die old school- radio het kort-kort ’n breukdeel van ’n sekonde uitgesny. Dit het so irritating geraak dat ek dit maar afgeswitch het.

Daar was ook oral harde, swart plastic surfaces.

heel Aantreklik: Nogal ’n handsome beast, design-wise.
splinternuut: Die nuwe Kia Sportage GDI. Op baie vlakke old school. Maar ek was fine dáármee. Foto’s: albert bakkes
handsome: Die headlight cluster maak hom nogal interessant.
boetie: Die Sportage is Kia se antwoord op die Hyundai Tucson.
bruikbaar: En hy het ’n baie groot boot wat 466 F kan sluk.
sitplek: En daar was more than enough space agter.
Glide: Die Sportage se suspension setup het die meeste ongelykhede op die pad opgesoak.
Nice: Dit was beslis lekker dat dit cloth covers gehad het en nie leer op die seats nie.
Nee! Ja, dit was verfrissend om met old school-goed soos ’n gewone radio te sit. Maar moes hy uitsny?

Maar die grootste downfall vir my was die sesspoed- auto box.

F*kk*t, maar die ding was stupid!

Dit het in sekere omstandighede die rev band laat opskiet (en dit daar gehou) sonder dat die Kia noemenswaardig vinniger vorentoe beweeg het.

En dan het dit die revs in baie gevalle té lank té hoog gehou. Dit het over­taking interessant gemaak.

Kortom: Ek het regtig-egtig alles in my vermoë gedoen om van die Sportage te hou, want ek is mal oor die brand.

Dink aan die awesome Stinger en Ugly Betty Soul (wat regtig ’n soul het).

En soos ek gesê het, sy brother from another mother, die Tucson, is verstommend. Daar is old school – en dan is daar old.

En dís die Sportage GDI.

Albert se Rev Counter: ’n Teleurstellende 6 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters