Verlede maand
Splinternuwe Kona kán!
splinternuut: Die nuwe Hyundai Kona. Nóg ’n crossdresser in Hyundai se line up.  ~ 
die regte een: Kies die 2-liter auto, asseblief.
pakplek: Daar is ook ’n praktiese boot.
spasie: Jy kan agter jouself sit.
meer direk: Die steering het nou ’n Euro feel, eerder as daai vague Koreaanse vibe.
stadsjapie: Die plastic trim rond die prentjie af van ’n bundu basher. Maar dít is hy nie.
splinternuut: Die nuwe Hyundai Kona. Nóg ’n crossdresser in Hyundai se line up.
innie middel: Die Kona val nou mooi netjies in tussen die top-selling Creta en die epic Tucson.
’n statement: Die three-tier headlights begin gou groei op jou.Foto’s: albert bakkes
lekker looks: Die Kona is eintlik ’n striking cross-dresser, selfs van agter.
uiters striking: Kies beslis daai Acid Yellow-kleur, asseblief.

EK SAL die eerste een wees wat sê die Koreaan Hyundai bou glad nie meer boring of blikkerige karre nie.

Hy het after all sy eie staalfabriek en ’n styling/development house in Europa.

Dink maar terug aan die eerstes wat hulle so twee, drie dekades gelede op ons paaie losgelaat het.

En dink aan goed soos die wonderlike Tucson (N Sport vir my, dankie) en die bekostigbare en praktiese Creta wat soos soetkoek verkoop. En selfs die kleintjie, die i10, is ’n blast om te bestuur.

So, ontmoet nou die Kona, wat mooi netjies tussen die Creta en Tucson inval.

Check daai wayout styl­ing van dié cross-dresser.

Die three-tier lights voor het eers ’n bietjie gepla, maar dit groei naderhand op jou.

Dit maak definitief ’n groter statement as die understated (miskien ietwat konserwatiewe?) front van die Creta.

En die plastic trim rond die prentjie van ’n bundu basher wannabe af.

Nie dat jy hom bos toe wil vat nie. Hy is eerder tuis op die lang sweepers Riebeek-Kasteel toe deur die Swartland.

Of die twisties van Helshoogte. Daar het ’n new gen Golf probeer byhou, maar dis ’n storie vir ’n ander dag.

Miskien het dit te doen met die suspension setup van die Kona met ’n MacPherson type­ strut met ’n stabiliser bar en coil spring setup voor en ’n torsion beam axle setup agter.

Sy ietwat hoër stance ten spyt het die setup gemaak vir ’n baie flat ride.

Ek het my bes probeer om die ding te unsettle. Wat toe nie gebeur het nie.

Jy het ’n keuse van twee enjins: ’n eenliter-turbo­petrol-meneer, good to go vir 88 kW krag en 172 Nm torque, gekoppel aan ’n lekker notchy sesspoed ma­nual box.

Die relatiewe klein size van die unit ten spyt het daai turbo gemaak vir ’n rev happy experience met ’n responsive feel.

Enjin nr. 2 is ’n meer tradisionele 2 liter- naturally aspirated petrolenjin. Good to go vir 110 kW krag en 180 Nm torque.

Dis ook gekoppel aan ’n meer tradisionele sesspoed auto box. Dankie tog hulle het dié roete gegaan en nie vir ’n f*kk*n CVT box nie. Dit sou die hele experience net in sy moer gestuur het.

Geluister

Want ek, en dis Albert Bakkes hier, het die auto weergawe die meeste geniet.

Sien, die swaarder enjin en die swaarder box het die unit net soveel meer planted laat voel (en hier praat ek weer van Helshoogte) as sy ligter boetie, maar nie dat daar enigsins enige iets verkeerd was met die eenliter-boetie nie.

As daar enige kritiek teen nuwe gen Hyundai-modelle is, is dit daai vague steering feel.

Maar miskien het die manufacturer geluister na wat ons skryf, want die splinternuwe Kona het eerder ’n Euro feel gehad met direct steering vir point and shoot turn-ins.

En dan is daar natuurlik ’n hele gros safety fea­tures, soos airbags orals, die alfabet soup abbrevia­tions (dink ABS, EBD, ESP, DBC en HAC), LED day­time running lights, blind spot detection, rear park assist, en rear cross traffic alert.

Die drie laasgenoemdes check jy uit op die touchscreen op die dash, wat ook as jou infotainment/connectivity hub dien. Nee, daar is nie satnav nie, maar dit maak sin, want jy match net jou smart phone op met die screen.

En dan, soos dit maar nou is met cross-dressers, kan jy met sekere kleure (dink: Acid Yellow, yep, jy het reg gelees) interior trim match.

En, laastens, kon ek agter myself sit.

Nee, dis nie ’n boring kar nie, en ek dink Hyundai het weer ’n smash hit hier.

En doen jouself ’n favour: Gaan vir die Acid Yellow.

Dis daai tipe cross-dresser, dié.

  • Albert se Rev Count­er: ’n Koreaan met ’n European flavour 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters